Jongste aktiwiteit:

Vakansie-liefde

elke dag saam met jou is soos vakansie hou
op ‘n spierwit verlate strand
net ek en jy
hand aan hand
wat soos kinders
met ons tone in die sand
kastele bou
teen die hemelblou
net daar vir mekaar kan wees
vry soos die meeue
wat branders aandurf sonder vrees
jy is die koel seebries teen my wang
die soet wind wat teen my speel
jy is die sagte suis van die see
wat sing deur al die eeue
die melodie wat my hartsnare streel
wat my saggies aan die slaap sus
jy is my somer son en saffier
by jou vind ek my rus




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed