My ma se huis is bottergeel
Mamma, in jou tuin is daar ‘n plek waar die son opkom. Sy vly haar strale teen die mure van jou huis, haar lig vloei by jou kamers en jou gange in. Snags blink die maan bo jou woning – ‘n vol maan wat nooit sy glans verloor nie. Sterre dans en strale krans om […]
Fielies Fisant – Die Skerpskut
In 1963 beland ek in die weermag. Dit was in die dae toe ons jong manne se ma’s geen keuse gehad het as om hulle seuns aan die genade van die regering uit te lewer nie. By die aankoms van die kamp waar jy moes aanmeld, was die eerste ding wat gebeur, jou hare word […]
Die ware liegverhale van Fielies Fisant
Die ware liegverhale van Fielies Fisant Ek gaan n paar ware liegverhale plaas – uit my oom se verbeelding as kind. Hier is net n kort agtergrond van hoe en waar dit alles begin het. My oom, Flip Verster, aka Fielies Fisant is op 19 Februarie 1945 in Pretoria gebore. Hy was een van sewe […]
Die Vensterskildery
Hier in my werkhuis met die gedurige gedruis van sy ysterlong. Die temperatuur konstand. Die sonnetjie glimlag warm oor my voete en hier, in my glaskokon, pronk ek soos ‘n magrietjie in die son. My hobbelperd wip heen en weer agter die blink toonbank waar ek regeer; en ek sien: in my glasventerskildery; bruin geel […]
Die nagroep van die natuur
‘n sekelmaan wat langsaam hang die stilte van die die nag se sang klink iewers in die nanaguur die lied van die natuur stil stil roep sy uit na jou “raak tog net rustig” fluister sy trou duidelik oor dit wat ons moet hê soos moedernatuur se naglied sê stadigaan raak haar fluisterstem stil die […]
‘ Kersfeesgroete
Helder somersonskyn wens ek vandag vir jou. Dat elke oomblik van Kersdag met liefde om jou sal vou. Dit is die dag van Jesus ons redder en ons Heer. Weet dat Hy in sy almag ook oor jou pad regeer. Dit is Jesus van Betlehem, van Nasaret en Golgota. En as dit om jou donker […]
Nagstorms
pienk is die kleur van die nanag dit hang soos ‘n lied in die lug die wolke verberg selfs die sterre wat helder aan die hemelruim flits ek dink aan die kleur van ons liefde is dit pienk soos die naglug daar ver? gebry deur die dae van verlange maar ewig soos die oggendster die […]
Maanlignag
Ons het gedans, ek en jy. Op die maat van maanlig by die suiderkruis verby. Ons het gesing, ek en jy. Pianissimo, fortissimo; con amor, fantasia; cuivré. Ons het gewag, ek en jy. Dorstend, soos son, soekend, die maan gekry. Ons het gesweef, ek en jy Deur sterkoor en horison, by Venus verby. Ons het […]
Kom saam
Ek wil jou saamvat na waar ek nog gedroom het toe my asem nog jonk was en die wêreld oud. Ek wil jou wys waar my hart so geklop het onder die weskus se helderblink goud. Ek wil jou saamvat, na daar waar ek vry was, Na daar waar geluk was, ek in Eden se […]
Jacobsbaai sing
Gebore uit die wit sand, waar die son vel brand, aan die weskus van ons land, staan ‘n dogter. Skoon, vars en broos, rein, vlekkeloos; sonder die vuil van die tyd. Tussen Saldanha en Paternoster staan sy, trots gekleë in die baadjie van lank geleë. Witgekalkte huisies, klipmuutjies en rotstuintjies tooi haar in die mooiste […]