Die dieptes van ons liefde
Met die punte van my vingers trek ek jou lyne na Ons vergeet van alles om ons en die dinge wat ons pla. Jy raak aan my ontblote hart ‘wyl ons toe-oë staar na niks fluister warm woorde oor hoe gelukkig ons saam is. Met teerheid wat nét jy ken soen jy my – in […]
Liefde omvou
Ek pluk vir jou die son sodat jy die eerste strale kan vang pluk uit die blink branders ‘n kopermaan wat jy in elke donker nag kan hang Ek stuur vir jou ‘n soen dis die minste wat ek kan doen want jy is my ma wat meer kan ek vra Dan vra ek Heer […]
Gabriel se lied
Sy kyk hoe hy wegstap (die wind uit haar asem slaan) ‘n hele orkaan tonnel om hulle: grys verkleur na wít die heem’le gil sag terwyl Gabriel sy vingers oor ‘n harp streel. “Hoor my lied elke woord is uit suiwer goud gegiet.” Sy sien hoe haar hel transformeer toe hy, herlaas omdraai; lank na […]
In blye verwagting
Half deurskynend breek die dag onder ‘n sekelmaan wat sag lag gedagtes embrio in haar prenatale kop, ongebore woode vlek haar denke — (egalig en rasionaal) drup deur haar doudagdrome dis hier waar haar stiltes vrede baar; eggo’s nalaat wat realiteite vol asem blaas, want met Sy genade kan sy leef streef selfs tot by […]
‘n Vinnige versie (2)
hoe is dit dat duiwe so flikkervlerk kan gly oor die dakke hier in Brackenfell en by die blouberge verby die mis waai van die see af in om tussen straatligte te hang . . . hoe is dit dan dat ek vroegaand so véél na jou verlang © C. Shaw 26 Oktober 2016
Tuin van die gode
in Namibsland se halfwoestyn daar naby Keetmanshoop waar die groenigheid maar skaars is en riviere selde loop waar groot klippe opmekaar lê gestapel deur ‘n hoër hand en delwers reeds millennia al soek na die blinkste diamant staan menig eeu-oud aalwyn steeds dáár deur gode in ‘n tuin gelos om skroomloos – tussen reuse rotse […]
‘n Verlangversie
ek verlang na jou soos vinknessies aan riete klou soos ‘n bergpiek op ‘n sonstraal wag en die blou lug na ‘n arend smag ek verlang na jou soos dorre grond van reënval hou soos die maan hom tot die nag bekeer en die môre-uur die dag begeer ek verlang na jou soos ‘n herfsdag […]
My Vriend Willie
My Vriend Willie (opgedra aan William Francis Moag ƚ 23 Februarie 1983) In standerd agt het ons ontmoet Ek het gevoel jy is my ouboet ‘n Jaar van vriendskap Dit het gevoel soos ‘n leeftyd van blydskap Ons het verhuis na Bloemfontein Na skool klim ek die trein Pretoria toe Weermag toe Ek het toe […]
Ewige Liefde
Niks is vir my so swaar, as om te weet jou liefde het opgeklaar. Alles is nou vir jou verby, soos die lang pad wat jy moes terug ry. Ek sal aanhou klou, aan my liefde vir jou. Niemand kan my keer, om jou lief te he met meer. Aan elke herringering sal ek klou, […]
PTSD
PTSD Dit is die siekte van die kop Op drie en vyftig bars dit uit sy dop Ek word hiermee gediagnoseer Dit maak my gesin seer Ek gaan na die hospitaal Die lawaai word vir my te groot Ek neem aanstoot Toe het my vrou my kom haal Ek onthou die beelde Van die weermag […]