Stryd sonder beleid
In die son en die wind se gemaal, staan die lande onbewerk en kaal; tussen die massa verdwyn jul taal, geskiedenis gaan homself herhaal. As die son aarde so skroei en brand, met oues van dae kort van verstand, vervaag wysheid, verpand vir ‘n rand; antwoorde is skaars vir jul vaderland. Julle kla, julle sweet […]
Hulle sê Ek is Mal
Hulle sê ek is mal, Mense soos jy in jou netjiese kerks en werks klere, Perske pienk onder bloesie met ‘n Marilyn Monroe moesie aan die bokant van jou linker nippel net onder jou vlinder tattoo. Hulle sê ek is mal, Mense soos oom Karel en tannie San wat bedroef snags bybel sit en lees […]
Afstand is blou
Tussen die bleekwit vleuels van bladsye skuil speeksel van ekstase wat amok maak Vanuit die diepsee kom hulle aangestorm en hul dwarrelvlug versplinter in die pleistergroue lug Hang die klank van mense wat om ‘n orrel psalms sing in bruin-grou vaaltes en rotsige kaaltes
‘n Tanka gedig
donderweer rammel blitse hou ‘n dodedans slaan en skok my hart vervul met dankbetuiging weer ‘n liglewe in my © Roeline Dodedans het baie betekenisse, een van hulle is dat die dans van die dood laat jou besef hoe broos is jou lewe. Liglewe = afgelei van ligstrale (keer terug na weerligstrale en blitse…)
DIE LENTEBRUID
Dit is heerlike lente, die winter is verby… Waar Lynette de Beer nog warm snoesig in die bed lê wonder sy waarom hierdie liedjie vanoggend deur haar kop gaan. Vir n paar oomblikke luister sy na die gekoer van die tortelduiwe voor in die groot ou jakarandaboom voor haar venster wat afgewissel word met die […]
Skelm-slim
Die orange geelgoud van die son speel-speel in die watervoor rakelings gestreel soos ‘n hart se skelm steel
Die dood se dans
wie is die dwaas, wie is die wyse die maer miserabel man ‘n bedelaar is hy slaap wou hy nog wie is die dwaas, wie is die wyse die weelderige windmakerige man ‘n edelman is hy werk wou hy nog nie een het die dood ontwyk beide proe die dooie dansreuk gie-gie-gie grynslag die dood […]
‘n Boertraan
‘n boer se traan magteloos op sy knieë winterwolke soos ‘n toe kraan nie ‘n enkele druppel nie grond bereik permanente verwelkpunt warrelwind wankel plante is leweloos ‘n boer sonder sprankel ©Roeline Permanente verwelkpunt (PVP): die punt waar plante nie meer water kan opneem nie, met ander woorde al die plantbeskikbare water (die water wat […]
Die dood se tyd
jou tyd is in sy hande lewensgeskenke word aangebied poog om hom gelukkig te hou vir ‘n neffens langer lewe die skaduwee in jou lewe beloer en betrap en bedrieg ruik sy dooie asem in jou oor elk lag of traan vul sy doodsuurglas gluur en grinnik en grynslag wag vir die regte oomblik die […]