Die Enigste Man
Daar is n man wat kan, (ń) man wat my hart vas kan vang. (ń) man wat my weg kan dra, van al die pyn en gevaar. Dis n man wat weet, soms word liefde gemeet. In opofferings wat jy dra, as iemand vir wie jy lief is dit van jou vra.
‘n namiddag in Stellenbosch (laatherfs)
wyl witstamberke se blare geel raak, die druif se blad tot roesbruin kom die berg se piek so effe skuins leun, geëts teen blou en amperwinterson – pryk amber akkerbome so laatherfs loofverlore, staan straathoek bedelaars in komberse toegemaak en weerklink deur endlersale* sang in vele tale – word pepermossies* uit nuwe monde hergebore […]
Draadsitter .
Saterdag op Ellis Park het ek hart en siel vir die Bulle gegee Stembande aan flarde rou geskree. Lank lank voor halftyd al my geknakte ego skelmpies onder die stoel ingevee… Te midde dit alles kom ek toe agter Jantjies speel vir die Leeus! 20170520
Die onweer in my hart
Soms wil ek net in die lêplek van jou hart skuil weg van al die wette wat ons eindlot bepaal Soek bloot die streling van onbekende woorde in die sirkels op my eie werf waar jy jou eie rym en ritme kan gee Nog ‘n keer word ek geleer dinge druk nou regtig seer bring […]
WENNERS – SA Vryskut kompetisie
Die oomblik waarvoor almal gewag het. E-pos soos ontvang van SA-Vryskutskrywer: Sjoe! Dit was nou regtig nie ‘n maklike taak om ‘n wenner te kies nie. Veral met die gedigte is bykans álmal wenners! Na vele wik en week het ek dus uiteindelik besluit op Sandra du Toit se kortverhaal – OM TE VERGEWE en […]
Roman vir NB se kompetisie
Ek was nou bietjie lank stil op Ink omdat ek volstoom aan my roman vir die NB kompetisie gewerk het. Hy is nou klaar en nadat Anze die proeflesing gedoen het is die roman nou gereed om ingestuur te word. Groot pryse op die spel en ek hoop darem om derde te kom want daar […]
RESENSIE: Peertert met Laventel, die film
[Eerste uitgawe 5e. Mei 2016] Peertert met Laventel, die film Was maak mens? Alles wat jy aanpak loop skeef: Jou man het nie alte lank gelede nie gesterf, die bome in jou appelkoosboord is oud en dra nie meer so goed nie, die kinders word groot maar is nie juis behulpsaam nie, die huis is […]
Liefdesbriefie vir die Maan
Ek het met die wind gepraat en sy het my verstaan Ek het vir die maan ‘n liefdesbriefie agtergelaat Met woorde en allegorieë die bladsye bekrabbel met my drome en verspotte teorieë onbeheersbare hartseer die hele brief deur gebabbel Ek het ook oor jou geskinder oor die banaliteit van my bakvissie verliefdheid en die spektrum […]
Wat As
Ek skryf vanaand vir myself, Vir arme ek. Die vreugdevolle flindertjie vasgevang in die duisternis Van haar eie psige, Sy verdrink haarself, ‘n swak poging In haar twyfel en verloorenheid Vasgevang in ongeboorenheid van ‘n vorige lewe. Met spelfoute en misvormde rympatrone, probeer sy tog bo uitkom, Tog soveel neerslae alreeds in haar eie kop, […]
Ek laat weet jou net (2)
Ek laat weet jou net (2) Dis kwart oor agt op ‘n Saterdag. Die son gooi haar vlam deur kareewilgertakke, teen rooi siersteenmure en omber* teëldakke. Die son strooi haar lig deur winterwit wasem. Dis vroeg in die oggend – die Boland haal asem … © Carma Shaw 20 Mei 2016 *omber – ‘n pigment, […]