Die ware liegverhale van Fielies Fisant
Die ware liegverhale van Fielies Fisant
Ek gaan n paar ware liegverhale plaas – uit my oom se verbeelding as kind. Hier is net n kort agtergrond van hoe en waar dit alles begin het.
My oom, Flip Verster, aka Fielies Fisant is op 19 Februarie 1945 in Pretoria gebore. Hy was een van sewe kinders waarvan daar 3 seuns en vier dogters was.
In daardie dae was daar nie televisie nie, en batterye vir die “draadloos” was maar n rare kommoditeit. Meer n luuksheid as n noodsaaklikheid.
Wanneer die ou draadlosie nie meer kon speel nie was daar alternatiewe planne gemaak, soos die inspan van verbeelding byvoolbeeld, om die tyd mee te verwyl.
In die winter, is daar saans na Bybelstudie om die kombuistafel gekuier.
In die somer het die familie buite gekuier, op boomstompe om n groot vuur wat die seuns gemaak het, (met die hout wat Fielies deur die dag moes kap. Hy was ouma se waterdraer en houtkapper).
Vir vermaak het ouma haar ever famous gedigte voorgelees. Oupa, en die seuns het musiek gemaak op die bekfluit en kitare, terwyl die meisies saam gesing het.
En so het die ware liegverhale van Fielies Fiesant ook die lig gesien. Sy kleuryke verbeelding en sin vir humor, het oud en jonk tot vandag nog aan die lag.
Dit is vir my n eer om my oom se stories te kan plaas. Sodoende verseker ek, te danke aan Ink en ons wêreld wye web, die voortbestaan van iets wat my en die res van die Verster familie baie na aan die hart lê. Ek wil dit baie graag vir hom in boekvorm publiseer, sodat ons kinders se kinder en díé se kinders ook kan deel in die besondere erfenis wat hy vandag nog met ons deel.
Bnaie dankie my oom..
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.