SAAM MET JOU
SAAM MET JOU Saam met jou gaan die ure so gou verby Saam met jou wandel ek deur die hemel ruim Saam met jou tel ek sterre Saam met jou raak ek aan die maan Saam met jou kan ek geduldig wag Saam met jou is ek is ek net ek Saam met jou word […]
JY IS.
JY IS. dit is koud die maan loer so skuins die sterretjies blink soos dou druppels op donker water maar vir my is jy daai ster wat my oor boog ver oorkant die maan gooi met jou aanraking so sag dat jy maar die ster kan wees soos ‘n doudruppel in die donker. JAC. 2017-07-20
Breek die Kettings
Net soms raak dit onmoontlik Om ontslae te raak Van gister se onthou Die breek van stil verwagting Vergetelheid ontrou En dan besef jy, More onmiskenbaar… is die dag waarvoor ons lewe, realiteit slegs in die toekoms. Geen dieptes van onthou, Die verlede fel verbode …so ook berou. Wie van ons staan smetteloos onskuldig, sneeuwit […]
Te laat
TE LAAT… Hoekom besef ons eers As dit te laat is… Hoe kosbaar mens eintlik Vir mekaar is… Die vinnige “WhatsApp” Boodskappies en fotos Heen en weer… Talle male op ‘n dag… Die stem-boodskappies As die vingers nie lekker tik… ‘n Laaste stem-boodskap: “Sus, bel my gou – ek kan nie getik kry nie”… Nie […]
Enkeldoring
Enkeldoring: “ek wag nog vir die een wat kan deel sonder oordeel in my vreemde verspotte oorgee oomblike … TOG langs my bly staan in my stiltes… EN my liggies aanraak en weet hoe diep dit lê die seer hier binne wat ek op ligter noot probeer verdryf” ©Renz-Poetrydancer 22/06/2017 04am
Groen vlerke na die Boland
“môre groet goud die horison metgesel ‘n laaste Avondé” “sentimentele lirieke refrein engine dreun skut en raas Terwyl wiele baanblad verlaat” ” ‘n hart klou magneties saam terwyl voete gravitasie bestrydend baan meegesleur soekend in ‘n Eb-gety ” ©Poetrydancer
Limpopo onbegrens
(Sy sien nog soms die beeste sy hoor hul klokke lui – die klongelklank wat willoos oor alle grense gly) LIMPOPO ONBEGRENS klongel-klongel praat die klokke – “Groot Limpopo ons hang hier om die nekke van jou beeste tussen oewers oor die grense deur die droë loop van jou rivier. Aan die oorkant op jou […]
Ons gedagtes
Gedagtes… Hoe ouer ons word, hoe sagter word ons hart hoe meer dra ons hom op ons mou… Dan klink die woorde van die liedjie op: “Die mense wat ek liefhet, kom groei op my soos mos…” Dan is die teleurstelling ook soveel meer fel, as vriende jou teleurstel…as jy gedink het jy ken iemand […]
Skildermaan
Skildermaan: ritmies trap harmonie op die maat van jou lag met jou oë sag strelend die lyne vingerpunte bloeiselblom wanneer kerslig maan skilderkwas op jou pallet ©Poetrydancer 23/04/2017
Boomgom
boomgom wanneer hartverskeur trane kristaliseer verskyn daar ‘n glinstering ‘n wolkekring met sout in die wond word dit tog gesond wyl tyd vervreem so het ek verneem eendag dalk ‘n reëndag miskien ‘n wolkbreuk met ‘n donderslag wat het jy vermag deur jou kasteel in die lug te bou waar drome plafonpanele bots staccatto allegro […]