Jongste aktiwiteit:

Te laat

TE LAAT…
Hoekom besef ons eers
As dit te laat is…
Hoe kosbaar mens eintlik
Vir mekaar is…

Die vinnige “WhatsApp”
Boodskappies en fotos
Heen en weer…
Talle male op ‘n dag…

Die stem-boodskappies
As die vingers nie lekker tik…
‘n Laaste stem-boodskap:
“Sus, bel my gou – ek kan nie getik kry nie”…

Nie gedink dit sal so wees,
Letterlik paar dae later op die vliegtuig,
Ure later langs jou bed…
Weet nie of jy my eers herken het!

My hart sê vir my jy het…
Vraende oë, woorde wat nie wou vorm –
“En nou Sus? Wat nou?”
Ek wil nie nou al gaan….

Maar soos jy weet:
Die mens wik
En GOD
Beskik….
© Marlene Erasmus




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed