Jongste aktiwiteit:

Breek die Kettings

Net soms raak dit onmoontlik
Om ontslae te raak
Van gister se onthou
Die breek van stil verwagting
Vergetelheid ontrou

En dan besef jy,
More onmiskenbaar…
is die dag waarvoor ons lewe,
realiteit slegs in die toekoms.
Geen dieptes van onthou,
Die verlede fel verbode …so ook berou.

Wie van ons staan smetteloos onskuldig,
sneeuwit en rein,
hande omhoog …
onaantasbaar van karakter,
en tog verdoemend…
die hoop sal nooit beskaam,

Ons moet vertrou

© F Jansen van Vuuren




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed