Transkei
Waar valleie wegval,
skielik onder voet verdwyn,
en die son sy eerste strale skalks oor berg en rant laat kruip…
Ruik jy die veld,
nat van die vroeg oggend geboorte,
van ‘n nuwe dag.
Ruwe rotse opgestapel,
soos rommel in die skadu van die berg,
dan wegval na benede en
rooi aalwyn, kandelaar en kiepersol,
die landkap kwistig verf en kleur,
in malse plate onder die eerste oggendson,
tot teen die silwer water
Van die Kei rivier.
© F Jansen van Vuuren
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.