Jongste aktiwiteit:

Ons gedagtes

Gedagtes…
Hoe ouer ons word,
hoe sagter word ons hart
hoe meer dra ons hom op
ons mou…
Dan klink die woorde van
die liedjie op:
“Die mense wat ek liefhet,
kom groei op my soos mos…”
Dan is die teleurstelling ook
soveel meer fel, as vriende
jou teleurstel…as jy gedink het
jy ken iemand en jy dan
besef jy doen eintlik nie…
Desondanks die drang om
jou te omarm en terug te
nooi na die binnekring:
wat hulle “vriende” noem…
©Marlene Erasmus
17/07/17




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed