Plakkers in koudwees
Plakkers in koudwees Wintervingers knel koud en styf om ‘n bibberend tandknetterend lyf sopas uit sy plakkershuis verdryf Houe reen, versplinter glas dit wat is, is nou was waarheen nou ‘n bittere las Sinke wieg, kantel, val stofslag neer meer en meer en meer handwringend staan hul daar, sonder hoop, sonder keer Die vriesende nag […]
Prikkel my hart
Torre met blou vlerke snel in die môre se glans pronkveer, bontveer en ek wonder vir die soveelste keer Prikkel my hart prikkel my sintuine al om jou helder kleure Ek skilder met die helder blou sirkels om jou hartsreise en my hart het finaal in jou klippiebruinoë verdwaal
Boombetowering…
“Boom betowering” “Jou voete stewig geplant diep in moeder aarde gewortel Jou kop na son gedraai takke soos arms, oopgesprei… Wagtend … Vir winter om verby te gaan, Bas-skilfers opgekrul… Skilfer krulle dans op jou Sagte, fluweelgroen stam…” © Marlene Erasmus 06/06/2016
Genade water…
“Genade-water” Gebukkend onder die droogte Dorre aarde, smeekroep om uitkoms Mens en dier kermend, Wagtend … God besluit: “Genade-water” Geskenk uit Vader hand…. © Marlene Erasmus 08/06/2016
Vrede
VREDE Klein woord – groot begrip Menslik moeilik om te verwoord… In ‘n wêreld: vol trane wat drup Swanger met doodslag en moord… Tog: nie moeilik om te verstaan, As jy glo in God se Woord… Dat vrede wel kan bestaan Sou jy net uitstort jou nood… © Marlene Erasmus 23/06/2016
Sewe sondes….
SEWE SONDES … Die wêreld van vandag, Deurmekaar, stukkend – Aan flarde! Mens, gebroke onder die Vloek van die sewe sondes… Oë wat straal van hoogmoed, Tonge wat galop op leuens, Hande – druppend van bloed, Gedagtes – besig met die Volgende komplot! Voete wat drafstap op die Pad van verderf… Valse getuies, Kwaadstokers, mens […]
Uitstel !
UIT-stel… Die monster… Met kake wat hap! Kloue wat gryp, Koggel lag… Ek het jou! Vat hier, vat daar… Gryp – los, gryp – los, Koggel lag… Ek het jou! Doen dit! Doen dat! NEE… Doen die…. Koggel lag… Ek het jou! © Marlene Erasmus 16/06/2016
Transkei
Waar valleie wegval, skielik onder voet verdwyn, en die son sy eerste strale skalks oor berg en rant laat kruip… Ruik jy die veld, nat van die vroeg oggend geboorte, van ‘n nuwe dag. Ruwe rotse opgestapel, soos rommel in die skadu van die berg, dan wegval na benede en rooi aalwyn, kandelaar en kiepersol, […]
Droogte
hier staan ek gloei-geel son snik somber vaalgrys damsand brand my voete afgeknotte boomstamme sug leweloos kleurlose stofwinde dwarrel traag hier is niks geen lewe geen water Theewaterskloof ruik d r o o g ©Roeline Fotograaf: Niel Rossouw
GEKWALIFISEERDE PROEFLESER
GEKWALIFISEERDE PROEFLESER:(SA Vryskutskrywer) Ek bied my dienste aan. E-pos elsabedebeer8@gmail.com. Alma Swart: Ek het ‘n hele ruk terug ‘n storie na ‘n proefleser gestuur waar ek byna nie my eie storie herken het toe hy terug kom nie. Dus sukkel ek maar om proeflesers te vertrou. En so kom Elsabe de Beer toe oor my pad. WOW […]