Beth-El
Beth-El Daar is ʼn plekkie hier diep binne my wat niemand anders te siene kry dis na hierdie stil plek waar ek heen gaan om te herkou aan al die dinge wat om my aangaan. Hierdie alleen-wees plek is Beth-El vir my dit is hier waar ek by God my leiding kry hier oorwin ek […]
Bertus se sandale
Bertus se sandale (opgedra aan alle onderwysers wat nie swyg nie.) “Oom Bertus se sandale, en orals vaal is God” as kinders sing ons hierdie woorde, en ons wéét daar is één God! Maar dit was die verlede, heel anders lyk die hede! Skool het nou geen tydjie meer om kinders van óns God te […]
Gerhard
Gerhard Dit was vroeg een dag hier rondom Standard Ag ek groet hom toe ‘Rooies’, soos sy hare en vel net soos ou Trompie sou doen met sy pel. My vriendelik groet word met woede ontmoet my vriendelike daad het sy eer geskaad! “Direk na skool, daar agter die saal, ek gaan al daai rooi […]
Dade en Drome
Dade en drome Die drome wat ek droom is nie in sagte pastel of room eerder vurig vlamrooi en oggendstond mooi. Realiteit wil my dagdrome liasseer daardie uit-pas-emosies termineer die nie-geykte gevoelens kalibreer alles na normaal reduseer. Maar ek sprei my vlerke ek oorskry alle perke strek myself so ver ek kan reik sodat my […]
Resensie: ‘n DORP SIEN SWART, die film
‘n DORP SIEN SWART, die film Weereens twee inleidings: I. Europa word oombliklik deur vlugtelinge só oorloop, oorvloed dat sommige mense reeds sedert geruime tyd roep, „Die boot is vol, die boot is vol! Soek ‘n ander strooihalm voordat ons ook kenter!” Lidstate wat weier om die Europese riglyne in ag te neem, word voor […]
op my vurk
my siel sweef weereens wyd oor golwe van gedagtes noord en suid tussen vure wat brand op paaie swart jil barbare en dans hul dodedans vinnig versprei rookwolke nou trek in misbanke oor duin en see swart met blitse wat kartetsend blink terwyl mense saggies ween en skuil vlugtelinge sonder draad of klere staan verdwaas […]
Skokgolwe
mamma mamma jy is dood wie gaan na my kyk egskeiding het jou gebreek doodgedrink aan alkohol in die gebroke huis het als probeer om ‘n man te wees gefaal het ek kwaad is ek leeg is ek alleen is ek my hele lyf is vol van skokgolwe ©Roeline van Schalkwyk Opvolging van “Gebroke huis”. […]
Ballade vir jou
jy is ‘n trillende wonderwerk geteken deur onse kreatiewe God jy was net die lyne van ‘n skets in jou ma en pa se gedagtes unieke chromosome ingekleur deur meiose elk chromosoom met sy eie kleur waar die hardkoppige eiersel ongeduldig wag daar het die soekende spermsel haar probeer beïndruk jy is ‘n trillende wonderwerk […]
die laaste vertrek in die huis
Die laaste vertrek in die huis “Now you’re just somebody that I used to know” – Gotey buite huil yssende reën kil kamervenster krap binne dans hartlike kaggelvuur in die koue sitkamer die vuur speel sysag oor jou geslote gesiggrense daar waar jy sit op jou leerbank jou naskeermiddelreuk is naby maar jou hart is […]
êrens op ‘n ander plek
Om ‘n lang storie kort te maak – my bundel ‘êrens op ‘n ander plek’ is nou uiteindelik beskikbaar. 🙂 Hiermee wil ek net ‘n reuse dankie aan INK en Anzé Bezuidenhout rig. Dit was vir my ‘n reuse voorreg om verlede jaar INK se Tweede Groot Skryfkompetisie te wen en daarmee saam, ‘n prys […]