êrens op ‘n ander plek
êrens op ‘n ander plek Om ‘n lang storie kort te maak – my bundel ‘êrens op ‘n ander plek’ is nou uiteindelik beskikbaar. 🙂 Hiermee wil ek net ‘n reuse dankie aan INK en Anzé Bezuidenhout rig. Dit was vir my ‘n reuse voorreg om verlede jaar INK se Tweede Groot Skryfkompetisie te wen […]
Spesie
Soos vuil pis is jul in ‘n skoon poel Etterbesmet is jul lag Skifsels suur oor verlede voel Verwond jul doelbewus sag Blindversteek tussen die lyne Skitterblink lê jou naakte siel Opbrengste ge-oes uit hartsnaar pyne Verbete verwoed verniel Soeke na aanvaarding in jouself Bloedbevlek lê jou hart op ‘n witlaken Haat brand fel waar […]
Die Kruis
ek lê op my bed en lees elkeen uit op die bakkiesblad en besef hoe benodig baie gebed want op elkeen druk daar ‘n klad besef ek groot hul verstaan nie die Kruis wat gedra was deur ‘n stukkende man op die pad na Golgota want niks was pluis want hierdie man moés sterf vir […]
My beminde in droom
bruin gebrand aantreklik verby om in sy skaduwee te sit is hemels sy liefde soet gegeur met ‘n glimlag hou hy my vas tussen die lelie van dale omring is ek met sy sterke arms keurig verkwik ek my in sy nabyheid soos ‘n klok klink sy stem in my ore terwyl sy lippe oor […]
Ek deel met jou
as dit nie vir papier was nie kon ek nie in diepte spreek nie ‘n pen is aan my gegee waar diepe gevoelens in ink vasgelê kan word die gawe oorspronklik uit my Vader se hand want ‘n roeping het Hy gebring wat aan voleinding geskied soos Sy wil dit deurgee so ek deel met […]
Die Kruis
ek lê op my bed en lees elkeen uit op die bakkiesblad ek besef hoe benodig baie gebed want op elkeen druk daar ‘n klad besef ek groot hul verstaan nie die Kruis wat gedra was deur ‘n stukkende man op die pad na Golgota want niks was pluis want hierdie man moés sterf vir […]
Somerliefde
Somerliefde (4de skryfkompetisie ) Sou ons die ure kon tel omsit in my en jou meetbaar of onmeetbare gesensuurde tye en somerhitte wat polsende passie laat kook rigtingloos in ons soeke na mekaar liefde ontasbaar – maar – soos Icarus waag ons dit te naby aan die son en met geskroeide vlerke fnuik liefde ons […]
Op die pad
Al die verkeerde paaie draai iewers weer terug na die regte een maar wanneer jy daar kom dan kyk jy glad nie weer om So sal die hartseer en pyn in die stilte van gister se hunkering verdwyn en die wind met al sy stof sal in die verte verdof Wanneer nuwe sonne, mane en […]
Vul my Albasterfles
Vul my albasterfles (4de skryfkompetisie) Diep in my gemoed voel ek soos een van die tien; wakend sal ek moet bly of ‘n gebrek aan olie ly trane vloei as ek voor die Here buig en bid – Heer my albasterfles voel leeg kan U dit vul met olie uit U Gees my antwoord kom […]
berge en duine
reuk van katjiepiering bos drolpeer se spierwitte soom maak bergrant ‘n wit droom bobbejaantou swaai sag los op hotnotsvy se geel tapyt waar fisante gillend skrop en met insekte vul hul krop vier hul fees met groot jolyt blou berge anderkant duine met bergrivier se groen soom vorm die hemelse eden tuine ©Teárlach