Jongste aktiwiteit:

Ek deel met jou

as dit nie vir papier was nie
kon ek nie in diepte spreek nie
‘n pen is aan my gegee
waar diepe gevoelens
in ink vasgelê kan word

die gawe oorspronklik
uit my Vader se hand
want ‘n roeping het Hy gebring
wat aan voleinding geskied
soos Sy wil dit deurgee

so ek deel met jou
my liefde op papier
want eendag is ek nie meer daar
maar my woorde en liefde vir jou
sal vasgepen wees vir elke dag

soek dit op in my boeke
my storie sal geskryf staan
vasgelê my lewe net vir jou
vir die verstaan van eendag vry te wees.

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak