naywer
uit digte mis oor die see verskyn daar drogbeelde gesig van donker gedrogte met spierwit voorkastele my elke gedagte wil weet my siel sweef oor die golwe om te gaan soek na die wete wat is daar in duister versteek so soek nuuskierige mense na elke anomalie in sig grawe en spioeneer in ander lewens […]
Ewige erfenis
Tussen niks bestaan en alles verstaan vind jy vrede in die soeke waar die opbrengs van jou vertroue volgehoue bly in die dieptes van jou roeping, sodat ‘n erfenis saam jou kruis kan stap tot bokant die pieke van jou lewensberg; tot voor die uithoeke van waar tragedies se smart hand aan hand aan jou […]
Ou opvatting
Jou woorde is soos wind se gesuisel, dit kom en gaan in die vergetelheid; fluisterend kom die boodskap saam, maar ek hoor sonder om te luister. Uit gramskap en toorn het ontwikkel, bitterheid, ‘n smeulende kwaadheid; opvlieëndheid is die woorde gevoel, waarin ‘n bose opstandigheid broei. Verwonderd staan ek, in skok omhul, waarom al die […]
Vlugteling
My pen lê hier langs my hy weet waarheen ek nou wil vlug – die papier was nog nooit so wit en ek was nog nooit so ver van nou; in die tweede laaste reël van hierdie gedig sal jy smeek om saam te kom want net verby Sodom en Gomorra, op die grens van […]
spieël
die spieël is my ander ek onlosmaak van my bestaan wil ek sien wat ek sien lensoë is ‘n ontbloting van siel tot in die spilpunt van yshart word ek verlei in wat ek glo met die glasglimlag van my soos rooswalm uit mond wasem blinkbeelde hou teen my wil vas swaar staalhande styf soos […]
nuwe liefdedwelm
kaalgrys het ons geword die lag van mensskedels watwou die flikkerende klein skerm is ‘n LED-liefdeverhouding soos kokaïen wil ons nog meer facebook likes-inspuitings hê soos tik-verslaafdes het ons leeg van binne geword dit is ons nuwe liefdedwelm staar ons elke dag na die LED-skerm genoeg vir liefdemaak en werk deur die ellendige lang dae […]
Kindertyd
Kinder-tyd Die prêt as kind vat my terug Enola Gay speel af soos ouds in moeder se Opel kersfees in Bloem dwergies wat lewendig word snags piek-niek onder groot wilgerbome army mannetjies plaas diere alles lewe stofpaaie albasters fietsry plakkers versamel swem en ski jou hond jou beste vriend boomhuis roomys en netbal jou knieë […]
Die ander vrou deur Lynelle Clark
As geskeide vrou leer jy vinnig wat beteken die terme: Die ander vrou. Dit is nie iets waarvoor jy beplan nie maar is onvermydelik wanneer jy weer betrokke raak met ‘n man. Julle kan hoe diep in mekaar se oë kyk en op elke vlak mekaar aanvul maar sy is die een wat hom die […]
Geweefde Trane
Geweefde trane Geweefde trane vul die fondament krake van ‘n siel kastaiings braai in die vuurherd van my hart sierskrif letters geskrywe met emosie ink waar denke, hart en siel mekaar moes vind grysgrou lê die asvaal wolk winterswinde waai ‘n koue dood worstelsmoor die smeul passie klaar stomwoorde toe die laaste vuurtjie bedaar grafsteen […]