êrens op ‘n ander plek
êrens op ‘n ander plek
Om ‘n lang storie kort te maak – my bundel ‘êrens op ‘n ander plek’ is nou uiteindelik beskikbaar. 🙂
Hiermee wil ek net ‘n reuse dankie aan INK en Anzé Bezuidenhout rig. Dit was vir my ‘n reuse voorreg om verlede jaar INK se Tweede Groot Skryfkompetisie te wen en daarmee saam, ‘n prys van 50 eksemplare van my nuwe bundel. Baie dankie dat julle dit vir my moontlik gemaak het.
Baie dankie ook aan Groep 7 drukkers vir julle baie professionele en flinke diens. Dit was ‘n goeie ondervinding om saam met julle te werk.
Aan almal van julle wat so gereeld my gedigte lees, reageer en kommentaar lewer, wil ek ook spesiaal dankie sê. Daarsonder sou ek ook nie hierdie bundel aanmekaar gesit het nie. Baie dankie ook aan ‘n vriend wat my finale manuskrip deurgelees het om te snuffel vir foute en my ook gehelp het met my voorwoord; dit was vir my goud werd.
Indien enigeen belangstel om my bundel aan te koop, kontak my gerus per inboks of messenger. Julle kan my ook per e-pos kontak by Countrycraftnursery@gmail.com. Die bundel is ook te koop by COUNTRY CRAFT KWEKERY in Brackenfell (021 9824864 / 081450 5119)
Koste: R130-00 posgeld uitgesluit
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.