sonstraaltjie
son se strale laat elke golfie blink skitter soos diamante op deining miljoene – triljoene hoeveel meer son se strale laat my siel dans in geluk elke dag se nuwe sig bring nuwe hoop lieflike beelde wat vas gaan lê in môre sonstraaltjie waarom flikker jy so op my oog waar kry jy die musiek […]
Laaste ritsel met dagbreek
Vir oulaas het jou voetloop geritsel tussen die blare voor die lewe gekom het met onheil, sy trane en skade… Jou asem het nog gehang aan die môrestond, toe dagbreek die getuie moes wees van ‘n gapende wond. Die natuur het met deemoed stil geraak, ter aanskoue van onheil se ongenadige wraak… In ‘n oogwink […]
Laaste ritsel met dagbreek
Vir oulaas het jou voetloop geritsel tussen die blare voor die lewe gekom het met onheil, sy trane en skade… Jou asem het nog gehang aan die môrestond, toe dagbreek die getuie moes wees van ‘n gapende wond. Die natuur het met deemoed stil geraak, ter aanskoue van onheil se ongenadige wraak… In ‘n oogwink […]
epog
smartlike tye hartverskeurend mense wat wenend ly een ter aarde bestelling op die ander slaan diep vreesbevange kinders besorgde ouers mense gestem op hoogste snaar gespan tot maksimum daaroor speel duiwel epogmakend slu deur zombies wat dansend kraai en maai strate vol rooi walle gegooi rooi getooi onder flikker vlammetjie oranje-wit-blou wat enige oomblik wit […]
afdae
op pensioen is daar ook afdae dae waarop jy wil rus rus van mense en dinge waarop die pyne sag maak jy nie lus voel vir bejammering waarop jy stil wil word voor Hom geen afleiding – geen ander prikkels maak dit jou vreemd of kluisenaar is jy dan ‘n anomalie van lewe onverstaanbare buierige […]
SY LAASTE VLUG
14 Februarie 1945. Die tweede wêreld oorlog is besig om ten einde te sleep. Van die Oostekant af is die Russiese magte reeds op die Duitse grens en aan die Westekant is die Gallieerde magte reeds oor die Duitse grens en lê op die walle van die Elbe rivier maar nog skop Duitsland vas in […]
Boemelaar
Boemelaar Elke oggend staan jy op jou pos, jou bordjie ‘n vrae na kos, jou klere gehawend – verslete, jou uiterlike tart my gewete. Jou hoedjie sit vuil en skeef, jou kombers geskeur – uitgeleef, toiingrig jou baadjie, in jou broek ‘n gaatjie. Jou gesig ongeskeer, jou hele bestaan vol verweer, jou skoene vol gate, […]
Kanker
“K”anker Sluim’rend, slu sluip jou naam tussen aarrooi en beenwit – wagtend vir die liggaam se swakheid … slaat jou kil koue angel in die vlees. Jy vra nie status, rang of graad… praat nie prag of praal, jou pad is dodelik, bedwelmend en ru – dwing die grootstes op hul knie. Baljaar jou weersinwekkende […]
Eensame Swerwers
Eensame Swerwers Winters wind… rolbos, Swerwerskind – hoe lank gaan my hart nog saam met jou swerf elke dag – alleen sterf? Wie is die ware Swerwer? Jy wat deur dowwe vensters huil, aan stukkende skarniere pluk – swiep en tussen nokke skuil, ek wat vergeefs jou naam roep en smart wat eggo – wyl […]
Konsentrasiekamp Simbool
Konsentrasiekamp Simbool Bethulie 1899 – 1902 Mossiedos en Vaalpens sit op die klip, baljaar … wip sit, wip-sit-glip hul tussen bossie en tak, bring hoop voor die oorlog end – flikflooi op die stuiwer se blad en sit prentjie mooi op die sent. Vroue van geloof sê : “Jesus sorg vir voëltjies” – “Is twee […]