Jongste aktiwiteit:

Laaste ritsel met dagbreek

Vir oulaas het jou voetloop geritsel tussen die blare
voor die lewe gekom het met onheil, sy trane en skade…
Jou asem het nog gehang aan die môrestond,
toe dagbreek die getuie moes wees van ‘n gapende wond.

Die natuur het met deemoed stil geraak,
ter aanskoue van onheil se ongenadige wraak…
In ‘n oogwink jou kar verfrommel en liggaam vermink,
‘n hartaanval… so het ons gedink.

Die tyding het ons bekruip met die rooidag
en onheil kon nie wag om te breek en vir ons te lag,
nooit sal ek vergeet die bloedstollende gil
met onmag wat breë bors vir ons jil.

Nou staan jou nagedagt’nis in ‘n hoek,
‘n enkele kapstok met ‘n jas en ‘n hoed,
‘n stille portret teen die muur
wat sê: “Die lewe is baie duur!”

“So my vriend, elke opstaan is ‘n voorreg
voordat noodlot kom en jou lewe besleg,
want waar sal jou siel tog wees,
sê ek vir jou nou heel bedees?”

Opgedra aan Jannie Fourie 1 Okt.2017ϯ




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed