Oosweer
Ek hou van Oosweer! Dit laat die opgewondenheid in my opbruis soos goue borrels in ‘n bierglas. Ek wil spring en speel soos ‘n wildsbok wat reen ruik. Die Duitsers se pragtige uitdrukking, Ostwindstimmung – oosweer sonder die wind en stof – is vir my so beskrywend van die gevoel wat dit by my opwek. […]
Sleepmis
in koue asemteue sug die see sy droefheid uit oor naakte duin adem stil en wasig wit sy mis oor dorre brak woestyn hy sprei sy nat sleep ver en wyd oor ruwe vlaktes uit gee aan díe wat dorstig is ‘n koele lafenis met die reelmaat van die seegety wat ritmies kom en gaan […]
Waar seemeeue draai
tussen seeduin en woestyn – ‘n spikkel aan die skedelkus- ‘n plekkie klein waar jy in vrede kan kom rus, waar jy die stilte hóór, die ruising van die see jou mateloos bekoor en van sy kalmte aan jou gee waar die noordduin en die suidduin tot by Solitude se draai jou uitnooi asem te […]
Genade Roep
Roep, siel roep … pynigend jou soek, aanvaar vergeet jou lied, wrang jou smaak – bitter jou wroeg, eindloos soekend, moeg.
Die blom op sy vel
Die blom op sy vel Skurwe tone – flenter tone, kettie in die sak wag jy vir jou pak, met stokkie lekker in die kies weet jy nie waaroor al die vies. Koggel Kees sit nog in die boom met sy stert en speel… al te vroom, jy’t gemik toe jou arm swik en laat […]
Wind Melodie
Wind Melodie Wind fluister saggies tussen graspol en “Nqoba”, ritsel roer tussen soutbos wyl hy dwarrelend die rolbos tol. Ek roep in die eggo’s van verdwaal soos ek drentel onder die maanlig prag en stap stadig deur die donker nag en verken die voetspoor laan. Antwoord ek saam met die naguil, en aanskou hoe die […]
Ek Wil Protesteer Meneer
Ek wil protesteer meneer ek wil praat oor onse weer meneer vanlat myse onthou mos beginne ken ek nooit die droge dinge wat ek hier so om my siet geen skaduweetjie wat ons bome bied Ek wil protesteer meneer ek wil vra waar kry ons hulp meneer as myse kinners so loop honger ly waar […]
ONS LEGKAART
ONS LEGKAART Waar is jy in my eensame dag waar is jy in my donker nag verlore op my eensame vaart jou ontdek in my mooi legkaart my lewe is heeltemal apart bring nuwe liefde in my hart ons legkaart het ons saam verbind ons legkaart het ons mekaar laat vind met sagte soentjies van […]
MY FOON
MY FOON In die oggend voor ek opstaan flikker die liggies op my foon kyk ek gou wat staan op my foon lees my boodskap op my foon ek hoop om van jou te hoor my hart klop vinnig in my keel om ñ booskap van jou af tekry ek voel sommer baie bly niks […]