Jongste aktiwiteit:

aalwyn

langs die bitter aalwyn
staan my nooientjie katryn
haar lippies skitter van sonlig
ogies in groen dieptes verberg
glimlaggie geelperske-mooi
bruin hare in lokke gelos
maar bitter is sy nie
want sy ken my
ek het haar
mos lief
en sy
vir
my

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed