Jongste aktiwiteit:

Sleepmis

in koue asemteue sug die see
sy droefheid uit oor naakte duin
adem stil en wasig wit sy mis
oor dorre brak woestyn
hy sprei sy nat sleep ver en wyd
oor ruwe vlaktes uit
gee aan díe wat dorstig is
‘n koele lafenis
met die reelmaat van die seegety
wat ritmies kom en gaan
voorsien die see die lewensvog
wat woestyne laat gedy
aan jou en ook aan my
gee die see sy wit genade
wat stil-stil oor die landskap gly
en neersak oor die aarde




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed