AREND
AREND Sprei oop jou vlerke groot arend hoog in die wolke op ń eensame vlug sweef hy hoog om sy kos te vind soek sy oë in die vêr te van die wind waterstroom suiwer tussen die kranse sweef hy oor die berge se kante sprei hy sy groot vlerke omhoog soos ń arend op […]
Die meisies sing weer
In die truspieël het daar vanoggend ’n skone lied kom speel. Aanvanklik het ek soos gewoonlik die draadloos op die radio-sonder-geld-stasie aangesit en die pad na die ander deel van die dorp, daar waar ons die geldjie verdien, sonder verwagting voortgesit. Maar, toe die ellelange relaas oor die nuwe president en sy bekwaamhede en persoonlike […]
Speeltyd is verby
Die ander Vrydag namiddag sit ek en vriend D’em oor ’n koue Germaanse bruisdrankie die dinge van die dag, die week en sommer wat ook al aan die orde is, en gesels. Dit is nogal eienaardig en steurend opvallend hoe die gesprekke deesdae doelbewus die politiek en die kerk en die ekonomie probeer systap. Een […]
Noem hom sommer Gert
Dit is so om-en-by vieruur op ’n Donderdagmiddag êrens in Julie 2002. By die toonbank in ’n kroeg wat eens ’n skaflike dagloner se watergat was, sit ’n man met ’n glas; nou is dit ’n raserige swartgeverfde hool waar die kokkerotte skaam-skaam agter die brouery se kiste ronddartel. Die reuk van urine en bier […]
WENNERS van die Februarie 2018 – Liefdesprojek
Baie geluk aan die volgende lede Gedigte: Brons afdeling wenners: 1ste: Estelle Rubow met ‘Daardie dae’ 2de: Anton Killian met ‘Ag van my mond’ 3de: Loretta Szikra met ‘ Aardsdom’ Silwer afdeling wenners: 1ste: Anzé Bezuidenhout met ‘Lawakors van liefde’ 2de: Anzé Bezuidenhout met ‘Liefdespore’ 3de: Anzé Bezuidenhout met ‘Hart-silhouette’ Carma Shaw skuif nou na […]
handvol
handvol druif uit wynland handvol vreugde uitgepers handvol dankbare geloof handvol sonlig uit grond handvol harders uit net handvol snoek aan hoek handvol gesoute bokkom handvol gestoofde heel vye handvol sonlig op my gesig handvol eerlikheid in harte handvol vriendelike glimlag handvol Lig in jou sagte oë handvol van dit wat saak maak handvol vreugde […]
Letsels uit die verlede
LETSELS UIT DIE VERLEDE Ek hou van die vrou in die spieël sy reflekteer respek en vrolikheid sy is uitgesproke maar, daar in die vensters van die siel sien ek haar – die een wat was… ek is die produk van jou saad uit liefde gevorm of dalk net die begeertes van ‘n besopene? Jy […]
Rockbottom (2018)
Dalk moet elke mens ‘n leë dam in die oë gaan kyk; een waarin vervloë se (nóú) naakte bome staan. ‘n Dam wat sonder asem is, waarin wit stof soos ‘n wasem is wat uit waterlose bodems van droë riviere slaan. Miskien moet elke mens kaalvoet teen ‘n wal afloop (een waarop jou spore in […]
Lavender Hill
Lavender Hill daar is ‘n plek min mense weet daarvan waar mense bang is want gangs is orals hulle soek bloed en drugs oud en jonk vrees hul lewens hier is jy niks werd niemand worry niemand weet van al die grafte van al die trane en bloed op die dorp genaamd Lavender Hill Retha […]
Stil is jou groet
’n Woord tussen jou en my, ’n gedagte op ’n blaadjie is jy, te kort ’n gedeelde vriendskap, te gou jou stille slaap. Lewe en dood wat ons nou skei, te min ure gewei, wou nog deel in jou mens wees, nou deel ons in die gees. Ek voel nog jou seer, in jou oë […]