Letsels uit die verlede
LETSELS UIT DIE VERLEDE
Ek hou van die vrou in die spieël
sy reflekteer respek en vrolikheid
sy is uitgesproke
maar, daar in die vensters van die siel
sien ek haar –
die een wat was…
ek is die produk van jou saad
uit liefde gevorm
of dalk net die begeertes van ‘n besopene?
Jy – jy het my gelos met ‘n leemte, nooit gevul
‘n seer wat nooit kon heel
in plaas van eie waarde gebore uit liefde
Jy – jy was ‘n verskoning van eerste liefde
is dit werklik hoe dit tussen ‘n man en vrou werk
moet sy altyd stilbly en haarself onderwerp
maar ek – ek kon nie net luister
en dit was amper my einde
en toe nog een nes my pa
maar in sy besopenheid
kyk ek een aand in die loop van sy pistool
maar, jy – jy het nie tred gehou
met ‘n onbreekbare gees
die band is gebreek en dit wat oorbly
is vae herinneringe en letsels in die spieël
want ek – ek is ‘n vrou met ‘n droom en ‘n wil
©PcV
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.