Seisoen “blues”
Gewillig beur my muse voort… bearbei elke greintjie gevoel in my gemoed om skeppend te blom tussen woorde, beskrywend te wees in glorie en gloed, te onderrig met elke klik van die skakel, soek tot skoor met die woordeboek. Dalk moet ek jou stiebeuel skiet gee… maar hoe gee jy lewe aan ‘n dooie hart, […]
Skoppensboer se lied
Skoppensboer sing my requiem en revokeer my diepste wese – hang jou reliek in die wind tussen skraal sipres lanings radeer jou logika hierdie kind. Sonder son of grense spartel moeë harte dwalend tussen nastergal in Nekropolis se strate. Brokkel ‘n minnelied in kouevuur kierang koerasie my denke en voed op krapsels liefde. Rakel my […]
Anderkant die herfs
Aanstons sal die winter kom; die noordweswind sal ruk en suis. Die reën wat op my sinkdak val sal soms net sag wees, maar sóms – ‘n luide storm en gedruis. Die dae sal skemer word – kort en koud en klam. En ek sal tussen lampe sit – bakhande om ‘n vlam … © […]
wol kombers
wit kombers ek droom van wit kombers wat sag oor berge neersak ek droom van sagte geelperske reën drome is sag en strelend soos vrou wat ween in hierdie wolk gevulde uitspansel vind my siel sagte ruskans op my natte duin reën in vroeë herfs is soos wolkombers in koue nagte snoesig sak dit oor […]
‘n Venster in die heelal
Dekades gelede was ek slegs ‘n spikkel in die almag van die hemelruim, dalk nie eens ‘n vormende gedagte of wens nie maar wel beplan deur Sy genade, so mildelik gestort in my lewe, sonder tierlantyntjies of bravade. Gemaak uit stof en die niks… van die wind wat soms roekeloos of geruisloos kan pluk aan […]
Ma se gebed
Ek hoor my naam in haar gebed, waar sy kniel voor haar bed, smeek sy by my Meester om te sorg want wat sal tog van my word. Vee sy ‘n traan af oor al die smart, kan sy nie maar in staan vir my part, so magteloos dog kragtig is haar woord, ‘Heer aan […]
Gemoeds Vlug
Koud en alleen jou arendsvlug… soek jy ‘n rusplek vir jou voet, die mooiweers son – ‘n klug, taan die oranje – rooi gloed. Wind’rig hang jy in die lug, swewend op ongekende genade, soekend jou oë na rus, talm jou dade. Wagtend vir die suidooster, om jou te dra na vrede, ‘n krans in […]
DIE WIEL DRAAI HFSTK SLOTHOOFSTUK
HOOFSTUK 25 Marietjie wag hulle kans geduldig af tot op n dag wat Willem se seun, wat op Boskop is, saam met sy pa na n veiling toe is. Sy wil Willem op Boskop inwag. Sy het haar huiswerk deeglik gedoen en voor die tyd uitgevind wat Boskop se waarde destyds was en wat die […]
Winter saligheid
Hier sit ek… vinger verkluimd, verkreukeld verkrom en streel die sagte rekenaar knoppies – soekend na nostalgiese woorde, wyl liriese akkoorde blêr oor die koppies, dan – plotseling… voel my brein oud en dom. Gas warm bearbei die verwarmer die leemtes om my, wat sny – kou aan warm vlees… en probeer ys in stilte […]