uit duisternis na lig
oor donkerblou uitspansel breek sonstrale goud omsoom strale wat see oranje kleur in prag strale wat lewe bring vir mens en dier so verlig my Meester ook my lewe uit donker Sy verblindende lig skoon geverfde aangesig wat vir ewig so sal bly alles net genade dankbaarheid ontvang ©Teárlach
Helder verlore
Daar’s mos baie visse in die see maar dit voel aardig sonder jou later mag ek dit dalk berou want nog steeds voel ek jou arms warm om my vou Jou naam breekwater teen my golwe spoel oor my hart se strand sout van saamwees wat honger in my brand Tril verlange in die vinne […]
Bloedmaan en die blues
Had ek maar net die woord’ kon vind om ‘n vers vir jou te skryf in daardie koue voordaguur, dan sou ek oor die maan wou praat – vroeg die oggend – minute net na vier. Ek sou jou kon vertel hoe roes ‘n maan kan rooi (langs die môrester wat flikkers gooi) en dat […]
Opvoeding 1: MOENIE OPHOU VRA NIE
By ‘n outoppie-samekoms – verjaarsdag van ‘n voormalige kollega – sit ons langs ‘n vreemdeling met ‘n grys baard. Drie-en-tagtig jare oud. Dit kom aan die lig dat hy ook voormalige onderwyser is. En hy het daadsaaklik nog in ‘n ou „Dorfschule” met so twintig, dertig kinders in nege klasse saam onderrig. (Laat my dink […]
Lewensgebed
Nietig staan ek gedwee voor U my God, soos die saad van ñ vrug spriet my gees uit die grond uit, voorsien my Heer U lewende water, sodat ek kan wortelskiet in U goedheid en tug, verdelg die uitheems wat soos onkruid groei, wees U my son my dors en my skuiling, waar die winter […]
AANDAG Skrywers – Feltbrand en Pretoria FM Skryf Kompetisie
Skildery: Die Helper Skryf ‘n storie van 1500 woorde oor wat jy dink die storie agter hierdie skildery is en staan ‘n kans om die oorspronklike Elsofie Myburgh pragstuk te wen. Gaan na http://www.feltbrand.co.za om in te skryf. Gaan kyk ook op die Feltbrand Afrikaans Facebook blad na die onlangse My Stories My Monument uitstalling […]
barbaarse gierigheid
soos see aan ooskus land opvreet aan die weskus sand deponeer is daar onewigheid in menswees kalm sal mense geniet en leef kom storms – kom gierigheid gebasseer op barbaarsheid altyd meer en meer gierigheid in oë alles wat ander besit wil hy hê wanneer hy dit kry soek hy waar hy nog op kan […]
KNALLEND
KNALLEND knallend draai rookspiraal sjor-sjor warrel skadu’s bars grou-grys walms alom morsdood © Eleen Van Deventer Vorster
HERE U IS
HERE U IS Here U is my enigste ware vriend ek smag om U vir ewig te dien mag ek U liefde waardig verdien Here U is my enigste ware vriend U het my eerste raakgesien in U kan ek wareliefde vind Here U is my enigste ware vriend ek smag om U vir ewig […]
Weergaloos skaam-bang
Liefde het vlerke dit laat jou denke die sterre in die hemelruim gaan haal… Of is dit vlerke van ‘n gier soos ‘n voeëltjie wat ‘n nessie in jou kom bou dit met sagte warm donsies versier vir ‘n tydelike plesier Soos ‘n verliefde paartjie wat soos twee duifies vir mekaar koer maar op ‘n […]