Jongste aktiwiteit:

Opvoeding 1: MOENIE OPHOU VRA NIE

By ‘n outoppie-samekoms – verjaarsdag van ‘n voormalige kollega – sit ons langs ‘n vreemdeling met ‘n grys baard. Drie-en-tagtig jare oud. Dit kom aan die lig dat hy ook voormalige onderwyser is. En hy het daadsaaklik nog in ‘n ou Dorfschule” met so twintig, dertig kinders in nege klasse saam onderrig. (Laat my dink aan ons plaasskole vir die plaaswerkers se kinders. Bestaan soiets nog?). Toe gaan ons geselsie oor staaltjies uit die oude doos.

Maar ook oor die nuwerwetse opvoeding: In die gesprekke oor die nuwe „Groko” (die GROotKOalisie wat na die laaste Duitse verkiesing gaan ontstaan) kom altyd weer die vraag van die begroting vir onderwys: Daar is in die publieke skole aanskynend twintig- of dertig-duisend werkplekke wat leegstaan; die vlak van onderrig sou op ‘n diepte-punt aangekom het; die digitalisering moet aangedryf word. . . Ensovoort ensovoort. Alles moet beter wees: Moet vinniger, verder, hoër word, soos by die olimpiade.

En dit plaag ons drie dat alles deesdae vinnig, vlot, ondeurdag en oppervlakkig afloop, sonder verdiepende oefening van geleerde stof. Die leerstof word eenvoudig van stapel gestuur en versink in die branding van blitsig deurmekaar instromende prikkel-indrukke uit ‘n verwarrende omgewing. Veral uit die elektroniese media maar ook uit die histeries-hastige leefstyl wat vandag heers.

Hoe kán dog die arme bloedjies enigiets hoegenaamd in hierdie hektiese wêreld leer?”

Baie ernstige gedagtes met heelwat staaltjies daartussen gestrooi. Moenie ophou om vrae te stel nie; altyd nog ‘n vraag en nogeen en nogeen.”

Byvoorbeeld:

„Watse seisoen, watter tyd van die jaar is dit?”

„Herfs.”

„Herfs, sê jy, en hoe weet ons dat dit herfs is?”

„Want die blare is bruin.”

„Bruin?”

„Ja, of rooi.””

„Watter bome het rooi blare?”

„Esbome, by voorbeeld.”

„En bruines?”

„Tja, êm-m, eikebome.”

„Is daar bome met geel herfsblare?

„Û-ûm, ja, die berkebome.”

„Word die dae langer of korter?”

„Korter.”

„En die nagte? Kouer of warmer?”

„ . . .” „ . . ?” „ . . .” „ . . ?” „ . . .”

Dit kan alléén deurgevoer word, of as enkeling voor of uit die klas. Maar ook met die hele klas. („Moenie met die vingergeklap so raas nie, kinders!”)

Soos ons dit lees, soos dit daar staan, klink dit bietjie droog en vaal, sou mens sê, nie waar nie? Jonger onderwysers sou dit nie kon uithou nie („Daar’s mos soveel ander, belangtike stof wat die leerplan van my verlang. Ek moet voorwaarts kom, kan nie bly staan nie. . . Bowendien is dit vervelerig, soiets.”)

Ja, maar hierdie kind, daai kinders weet nou wat herfs is. Vir die res van hul lewens, nie net tot die toets en dan vergeet daarvan nie. Ons moet die kinders bybring wat op hulle aarde gebeur. Nie net hoe om ‘n PDF af te laai en ‘n JPEG te stuur nie. En op hul aarde gebeur lewendiges, gebeur lewe. Ons moet hulle lewendiges bybring. Ons moet hulle die lewe bybring.

Nie net dooies uit die „digitale wêreld” nie. Dis ja glad nie opvoeding nie. Dis anti-opvoedkundig, anti-pedagogies.

Dankie dat ons jou leer ken het, Manfred. Dit was vervrissend om weer die dinge van vroeër op te diep.

©27e.Februarie2018……………………………………….tje

ëëëëëëëëëëëëÏïïïï„„„„„„„„„„




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed