Jou geskenk….
Binne die skatkis van verganklike waansin lê die onbaatsugtige einde van ñ sondige natuur verborge in die swart van selfs dit wat jare lange afgryslike smart verdoesel het in die ligsinnige stank van bo blink terwyl die stink van danksegging verkrampte herinneringe oopkrap sodat die nimmereindigende waarde van vrymaking se sout die smaak in nuutgevonde […]
‘n Heksejaar
hierdie jaar gaan ek vir my ’n langsteelbesem koop een wat baie goed kan vee maar vlieg – dié moet dit ook in my kamer in my kas daar hang ’n lang swart jas en doer agter in die laai – ‘n punthoed om te pas ek sal vere voel vir mense wat dink ék […]
Die vrou binne my
Die vrou binne my (4de skryfkompetisie) Diep versteek binne my is ‘n vrou vasgekeer deur omstandighede – breek los, breek vry! ek soek die vrou binne my diep versteek binne my woed storms en swart skreeu uit oor skadu’s van gister se seerkry verlore is die vrou binne my diep versteek binne my kettings breek […]
Die eerste skoot
(Oorspronklik geskryf vir Microcosms, met die porre “komapasiënt”, “melkwegoorlog”, “memoir”.) Hierdie keer het hulle nie vir ons myne gekom nie, maar vir ons ander hulpbronne – skoon water in oorvloed en goedkoop arbeid. Die oorlog tussen die kolonie en Aarde was oor in ses dae. Ek het wakker geword op die dag wat dit geëindig […]
Sou nie wou nie!!!
As die jare my iets geleer het is dit reeds dit ek sou nie wou nie want my hartsnare lê verlore jy weet mos wanneer is iets of iemand nie vir jou dieptes beskore en dit staan reeds in net dit jy hou vas aan iemand vir die vrees van iets wat jy dalk nooit […]
Abstrakte kuns
Word die hart deur die verstand aangedryf of word die verstand deur die hart aangedryf ? deur die handewerk van die mens is die begrip “liefde’ deur die wind vergans Wat is Liefde? liefde maak tyd kort maak swaar lig maak donker helder en maak drome ‘n werklikheid Liefde is vertroue onthou jy nog ons […]
versaking
skoon oop strande spierwit ongeskonde gelaat soos Vader dit maak elke nag se hoog water laat opdrifsels na laag water los gebreekte skulpies soms ontdek strandloper met dagbreek ruwe motor spore wat woeste kringe oor strande kerf seediertjies se huisies in sand verkrag dan krimp my hart ©Teárlach
Grootman
Grootman. Twaalf jaar gelede het ons jou na die Laerskool gevat, jy het vars spore na die nuwe skoolsaal getrap. Man-alleen het jy voor in die saal gaan sit, terwyl Mamma ʼn traan pluk en ek ʼn paar keer hard moes sluk. Jy was jonk, klein en tinger, maar dit was gister! Vanoggend het ek […]
Die uurglas
Die uurglas Kosbare korrels rol ongesteurd vasgevang in gravitasie se tuit waar niks hul tuimel stuit beur deur vernouing ongedeerd. Kosbare korrels vryval ver na benede betaal dan dadelik die hoogste tol as laaste oomblikke oombliklik stol die maatstaf van ʼn verlore verlede. Waarheen tyd verdwyn kan ons net raai jou sand sal spoedig ook […]
My Valentyn nooi
My Valentyn nooi jy josefskleed my dae met kleur jy jasmyn my met die soetste geur jy wag-‘n-bietjie vang my so bedrewe Jy rankroos my lewe deur en deur. Jy is yesterday today and tomorrow vir wie ek lewe jy vuurpyl my om na nog beter te strewe jy halfmens my as jy my geselskap […]