Die vrou binne my
Die vrou binne my (4de skryfkompetisie)
Diep versteek binne my
is ‘n vrou vasgekeer deur omstandighede –
breek los, breek vry!
ek soek die vrou binne my
diep versteek binne my
woed storms en swart skreeu uit
oor skadu’s van gister se seerkry
verlore is die vrou binne my
diep versteek binne my
kettings breek oop tot hoop in bereik
op my knieë roep ek uit:
Heer, help die vrou binne my
diep versteek binne my
flikker ‘n lig en dryf donker uit
iewers borrel genade se prys
vergunning vir die vrou binne my
hier binne-in my
is ‘n vrou sterker as gister se stryd
‘n oorwinnaar breek uit
edel is die vrou binne my
©PcV
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.