
Jou geskenk….
Binne die skatkis
van verganklike waansin
lê die onbaatsugtige einde
van ñ sondige natuur
verborge in die swart van selfs dit
wat jare lange afgryslike smart
verdoesel het in die ligsinnige
stank van bo blink
terwyl die stink van danksegging
verkrampte herinneringe oopkrap
sodat die nimmereindigende waarde
van vrymaking se sout
die smaak in nuutgevonde soet
kan uitbring
en jy besef elke druppel bloed
was gestort in liefdesdaad
rooi in seer en sout in soet
in ewewig beboet
met die verlossing
van die sondige hartklop
en daardeur het die koms
van ñ doderyk verstryk
met die opstanding van die Een
sodat ons die skatkis van liefde
tot in ewigheid kan bekom.
2018 © C. Holder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.