sjoe sjoe
groen ranke draai deur graspolle groei vlytig en aanhoudend sag spoedig kom daar geel blomme geel verspruit in krom vrugte vrugte met plooie so glad maar plooie voorwaar soos ou tannie wat baie room gebruik op haar vel gou is dit vol ronde wange dan kry jy heerlikste kooksel daarvan so is verwagtings geskoei op […]
In jou lê jy
Waar lê die prag vanaand my liefste maandromer as jou verlange saam die wind sing sal jy dan vir my hoop kan bring wanneer die slaap verwagtinge vashou sal jy dan ook spore na laat in die nag se soen waar die kommer van môre homself verbloem daar waar die maan fluister van liefde wat […]
Simfonie
Simfonie (4de skryfkompetisie ) Ons liefde is ‘n simfonie lirieke uit die hart dansende sleutels swart en wit op ritme van ‘n vlindersnaar tyd het geen gesag as siele deur die eeue roep gedisassosieer van mense mag uit die kokon van slaap sal die vlinder ontwaak ©PcV
Geslote deure
Geslote deur (4de skryfkompetisie ) Met ‘n verhefte stem het jou geslingerde woorde reg deur my blou gekneusde hart geboor en ek wonder… “is mishandeling altyd dan ‘n gebalde vuis?” want, jou woorde sny skerp en diep en los letsels wat die blote oog nie raak kan sien wie gee aan die stilte ‘n stem? […]
Tortelduif
tortelduif jou mooi duif jy wat uitgesoek was jou vlerkies oopgespruit koer jy langsamerhand elke dag bewonder ek jou terwyl jy pik op die grond mielies en broodkrummels geniet tussen druppels dou vroeg in die more met die son se lig word jou eerste koer koer gehoor verlustig ek my in die oggendlied my wakker […]
Weerkaatsing
soos ‘n ego weerklink dit terug word die geluid weerkaats in ‘n grot ‘n leë hol saal geluidsgolwe deur rotswande hier waar ek staan vry en die wêreld stil oorkant die kloof van stilte wat ons skei tussen berge en dale, klip en bome kan geen geroep ‘n dowwe weerklank wek soos ‘n weerligstraal skiet […]
Doudruppels
soos doudruppels beleef ek jou trane gegiet in stortings uit jou diepste wese drink ek elke kreet uit jou hart uit op dit ruk my binneste deurmekaar my woorde het opgeraak verswelg in my keel vasgesit saggies hou ek jou vas so naby is jy maar stukkend verskeur jou pyn het myne geword niemand verdien […]
JOU DEUGDE
As ek jou deugde nou moet plaas in orde van belangrikheid – waar sou ek tog begin? Jou liefde laat my net nie los. Dis sterker as die dood. Aanvaarding – altyd is ek goed genoeg. Jy luister onbeperk – ‘n seldsaam’ deug! Jou deernis raak my hart aan; ja, jy voel my leed. Jy […]
IN DIE VOETPAD
IN DIE VOETPAD In die voetpad loop ek – dorings maak my seer. ‘n Hand haal dorings uit, ‘n sagte hand. ‘Seblief, drá my hierdeur….!
SKEWE BOOM
Ou boompie skeef, wat staan jy só? Jy moet mos groei na bo? Hoe hét jy tog so skeef gekom? Die wind, die wind, dis al wat ek kan dink. Die wind het jou so skuins gedruk, maar vrugte kan ons steeds nog van jou pluk. My vriend, die lewe het jou skuins gedruk, maar […]