gedeë
uit diep grond kom dit bonkig en baie swaar gevorm eeue gelede moeder-aar se goud gemyn uit baie lande getemper in afrika gesmee in oorloë afrikanerstaal meer suiwer as afrika troon hierdie gedeë rots afgunstig beskou, verguis verkrag en vermoorde rif dog geen moord of krag kan hierdie rots smelt geen storm dit verwoes sy […]
‘n Japannese dis met ‘n kinkel.
Kyk as daar nou een ding is wat my fassineer, dan is dit Japannese kos. Hulle noem nie verniet Japan die wonderland van kos nie! Hulle disse is nogal ‘n mengsel van geure en kleure en vrek interessant, om nie eers die name daarvan te probeer opnoem nie! Ons is gek daaroor om sou nou […]
opdrag 7
die reuk van oggendlyf eggo steeds teen die binnemuur wat met voornagwarboel, sekuur die smaak van pyn weg kon vryf en die eksegese van òns teks kon beskryf; uur na uur verder, verder weggedryf na werklikheid van nèt wens waar gister se soet en lyflief steeds, weer die bitter skink; weer (en weer) verskuif die […]
Vreugde in die more
Vreugde in die môre Die westerkim bloei met die magiese magenta van die sterwende son tik… tik… tik… tik sleepvoet sekondes stadig een vir een vir oulaas gryp sonstraalvingers vergeefs vir ʼn vashouplek skielik is ek stoksielalleen… en ek ween. Ek huil oor ʼn dag wat verby is ek huil oor ʼn lewe vermors ek […]
e’bolliepop (Opdrag 8)
Eie digvorm: Opdrag 8 Digvorm: Limepigram (samestelling van Limeriek en Epigram) Strofes: 2 Versreëls: 10 Rym: aa bb a, a aa bb Bou: 2 lang rymende reëls 2 korter rymende reëls 1 lang reël wat met eerste 2 reëls rym dan 1 lang reël wat rym met reël 5 2 kort reëls wat rym met […]
genoeg
vanoggend se weer kom nog in genoeglik sit hy op sy duin en tuur na wolkies wat spoedig vergader suur windjie waai en bring nog koue oor vogtige baai en omliggende duine meeue sweef laag en gaan sit eerder gedagtes verstrengel in idees wanneer is genoeg dan genoeg vir fynbos is reën altyd welkom vir […]
bergplaas
soutpansberge is groen golwende inheemse woude hoog in klowe lê daar ‘n opstal vandag slegs fondasie-merke oor toe was dit ryk aan lewensmerke netjiese rye vrugtebome geplant grasdak huis met dik klei mure klein vensters met houtrame heerlike vuurherd en stoof in kloof loop fontein sag loeries groet mekaar kras berg fisante skrop en kraai […]
Swyg (Haikoe)
ek verswyg jou naam in geskrifte van my leed – net die spasies weet
Charmer (Opdrag 7)
Op die front seat van ‘n Volla, seeblou nes jou oë, kruip jou hand kundig – lus – en dit wasem teen die ruite, voel knus met die handrem laag deur my hart en jou. Buite rol golwe rof, onrustig, rou, verbeeld warm tasting en brandende mis. By die roadhouse vang seevoëls skreeuend vis, soos […]