Blom
soek vir my ‘n blom gepluk langs die ou grondpad benat met liefde
Windverwaai
Suidwester waai wit wilde skuimende sout seeperde wat perd pronk in die boog van die baai hier het my siel rus gekry
DIE MOORD OP REBECCA MORRISON SLOTHOOFSTUK
HOOFSTUK 14 Vir Kas Dreyer begin n moeilike dag. Eers moet hy n tierende kolonel le Grange hanteer nadat hy moes verslag doen en moet erken dat Shireen deur sy vingers geglip het. “Kaptein jy sit met n opgeloste moord en jy laat waaragtig die moordenares deur jou vingers glip”, merk n sarkastiese le Grange […]
ORKAAN OPDRAG 5
ORKAAN OPDRAG 5 Daar woed ‘n woeste orkaan die hemelruim ruk, pluk en verstuk bome word ontwortel deur die wind aangejaag donker grys growwe wolke die aarde in skemer omvou in die verte tref blitse met flitse teen liglose hemel blou slaan reëndruppels teen die venster raam biggelende trane teen die ruit afgaan © Eleen van […]
Ons Perfeksies
Opdag 5 – Vryevers Ons perfeksies as tyd stil staan in die oogwink van ‘n eeu soos die storm se oog, tot asemteue en oomblikke huiwer, tot rus kom en nét stil wag … dan sal ons deur skerwe van gebroke ure, sinsnedes tussen sekondes, deur krake en skeure binnelig sien op die onperfektheid van […]
Adam van Michelangelo (Opdrag 6)
in sy naam sing engele saam die klipkapper van carrara verwer van plafon en fresko ill divino die hemelse een in 1508 deur pous julius geseën visuele oerteks van die begin twee dominante uitgestrekte hande eggo eeue aanrakingloos majestueus en liefdevol verhouding tussen God en mens my voorsiener bewaker wonderwerker toeganklik onwrikbaar teer my verlosser […]
opdra 5
want jý, my lief, my lief ken die taal van my lyf as ek maskerloos die nog-nog in jou koperboom kom hang; lief my tog vir my wolke, my berg met sterre wat helder in duisternis (bittersoet) vir hoofstraatbord sing en ek ons name uit kan S K R E E in solo two-step ©stella
ontnugtering (opdrag 5)
jy met die aarde in jou skurwe hande en die spookasemwoorde met die glinster van tienduisend sterre in jou lag en die swaartekrag aan jou vingerpunte het die mure rondom my kom afbreek en soos ʼn sandkasteel laat wegspoel in die diep blou see en toe het jy ook verdwyn © nadia nagel
Langbome toe (Opdrag 5)
die maan illumineer my trane wat deur die vlei van verlange vloei waar moederaarde met blom en blaar herinneringe laat kom en gaan oorywerig met die son in my sak loop ek blindelings teen die kranse van jou menswees vas en hang ek my drome op tussen die l a n g bome © Ryno […]