Donkerman
Aan die voet van Bainskloof sit ‘n donkerman; hy’s blind vermink deur dekades se skade ek staan langs hom doof ons staar saam oor Wamakersvallei wolke hang hier en daar soos kantgordyne uit die bergblou hemelruim ek vat sy hand en lei hom na binne waar my hart warm klop. © 2018 Caren Kearley Kopiereg […]
oudword
oorbodig, oortollig, afgelê gister nog op die kruin van sukses vandag op die ashoop van werkloosheid gister nog genoeg geld om oor te klae vandag nooit genoeg vir huisgeld sonder hulp, sonder raad maklik sonder hoop dan val wêreld maklik om berge val op my rotse verberg my verleentheid hoe het ek hier gekom so […]
GERED ONDER DIE WASBAK UIT (2)
Ek wil jou net herinner dat hierdie ‘n stuk seer uit my verlede is. Ek is, deur genade, genees van depressie! ALLEEN [Een aand by ‘n geselligheid van die skool toe die verwerping en eensaamheid hoogty gevier het.] My hart is rooi soos die rooi-rooi servet op my skoot. Hy skree die skelskree van ‘n […]
GERED ONDER DIE WASBAK UIT (1)
Ek het besluit om hierdie klein getuienis van my tyd en stryd met depressie met jou te deel. Dalk,net dalk, is daar iets in wat vir jou van waarde kan wees. Ek is baie bly om nou te kan sê dat die swart hond nie meer deel van my lewe is nie. Die Here is […]
Sal jy my nog liefhê (Opdrag 5)
My lief sien jy hoe bekruip die ouderdom my stelselmatig hoe my hande verkreukel verkrom van daar waar ons nog lag agter glas en gister se prag sal jy my nog liefhê as my liggaam padkaart en kieriekrom buk om vir jou te pluk ons – l i e f d e – broos (sonder […]
getrou(d)
jakkals trou met wolf se vrou reëndruppels wat sonnig uitsak wat blinkers maak op blomblare ewekans staan daar twee manne hulle tuur uit oor die turkoois see dalk hou hulle sleepnet dop – of iets getrou aan sy beloftes maak hy koffie dra dit aan na haar wat nog sag slaap saggies raak hy haar […]
liefde
ek smag na jou sagte aanraking jou oë vol deernis omgee liefdesag my sielemaat my eenword maat ©Wilma
SIRKELS – Opdrag 5
SIRKELS kale voetjies sirkel spore sirkels rondom my soos jy groot word kring die kringe wyer en wyer vinniger al vinniger te vinnig om net een oomblik stil te staan by my draaie groter elke dag verder warrelend word jy om my ‘n skimme streep ‘n streep wat later heel v e r d w […]
Vuurdans
In lentefleur-trans dans vuurfeeks verleidelik deur winddroog grasveld ©Loretta Szikra
klipdrif altaar (opdrag 5)
bloedbelope oë wat hatig staar vuil weekoue stoppelbaard slymstreep wang na mond drankasem walmspoeg bacchus brousel in ‘n glas roggelbrul waansin oophandhoue val smekend vir genade moeg ongesertifiseerde lus terapie ten spyt huis paleis pandok nog sewentig maal sewe dikbeneuk dronkgesuip sjarrap sjarrap ek maak jou vrek potbloustilte moeg ©arin erasmus