Sif van herinnering
Ek sien jou gesig, maar ek het jou naam vergeet. Ek ervaar wel ‘n emosie en daarvolgens weet ek hoe ons laaste ontmoeting was ( dalk was dit ons enigste een, my kop hou nie telling nie). Uit ‘n paar foto’s probeer ek die verlede by mekaar trek, die leë gapings wat vir ewig verlore […]
Tyd se uurglas
Tyd se uurglas en vergete se uitvee, hou hande vas terwyl die pad van vooruitsig oor hulle voete nader kruip. Ontmoeting met ‘n glimlag, troos hierdie man se gemoed. ‘n uitbarsting van klein wees, kettie skiet en damswem, baljaar in die hoeke van sy hart. Die ritme van musiek speel die dromme van bloed se […]
Heilige Gees
In stilte se pad staar ek na bo, ek sien die vingers van Jou genade, die wolke ver uit stoot. Daar waar Jou aangesig vir die wêreld lê en staar, kan ek maar net glimlag oordat U my so bewaar. Die rooi en geel van Sy liefde straal, die son oor die horison, raak my […]
Die oorlog
Series: Die oorlog Episode 1: Verlore soldaat Sy hande is plat teen die wit teels gestut, sy liggaam vorentoe gelê. Dit lyk asof hy die muur wil om stoot soos Simson in die tempel. Die water van die stort hardloop oor sy kaalkop, die druppels jaag soos formule 1 motors by sy gespierde lyf af […]
Woordspatsels: Lysies
My moet-doen-lysies word langer. Afsprake word gejaagd in my dagboek neergeskryf. Verjaarsdae is noodgedwonge op die almanak gestip. Pasiënte se notas in swart ink verwoord en in lêertjes geprop. Kleefnotas suig oral vas soos verwarde vlinders. My siel kom uit ‘n vervloë tyd en wonder wanneer het skryf sy romantiese kleed verruil vir fytlike en […]
VASHOU
Ons het pas uit Sodom en Gomorra verhuis na die paradys. Dis nou van die ou Transvaal, iewers tussen Potchefstroom en Johannesburg, na die Wes-Kaap. Al was ons nog nooit beroof daar nie, hoor mens van soveel inbrake en kapings en rowe. Selfs moord. Dis genoeg om enige mens bewerig te maak. Tog het ons […]
OOMPIE FRANS
OOMPIE FRANS bo-baas jagter van formaat boesman van yster en plaat stel geduldig sy ysters da bydie waters wa die djakkalas sy skapies vaskeer die nag rol hy rond in sy kooi die rooi swernoot bekruip sy prooi lig oompie sy knopkierie hoog slaan ‘n barshou met ‘n boog en ou djakkie glip tussen sy […]
Kindwees
Waar word ons verbeelding begrawe? Waarheen verdwyn ons kindwees? Die skelm van die nag kom sonder waarskuwing en maak sy sakke vol. Nie ‘n traan word verlore terwyl hy slyp op trippe,trappe, tone, en ons moet opstaan met tyd se groot word geslaan teen die wang. Bring daai flits, en kom help my soek, ek […]
1,2,3
In die donkerte van onsekerheid, by die hoeke van verdwaal, staan sy met haar hande op haar knieë. Die trane soen haar seer, en die snik haar musiek, die vuiste van die lewe, hard geslaan op skouers van verdriet. Ek hoor as jy praat nog die meisie van ouds, ek sien nou die kind wat […]