Jongste aktiwiteit:

Mei(Bladsy 9)

die sonlig kleur my duin geel heerlike reën het fynbos vergroen meeue dans en kletter op strand met mossels wit weerkaats die mure van ons woonplek iets versteur dit alles wat so vars klink lener wat vermetel vra en vra leen maar nooit terug gee nog steeds my duin toets vir seniele oumens hart vermetel […]

Hoor die kokkewiet se fluit in die rietjiesbos. Die Piet-my-vrou se sanik roep wanneer die son se laaste trane die heuwels rooi laat bloos. In die verte huil ‘n jakkals. Bosduif sing sy treurlied jammerkermend in die wilger by die dam. Die Bosveld verstil en saggies daal die aandskemerte soos ‘n wolkaros heen. Ek lê […]

mannekyn vlees teenwoordig lewende gees dwaal oor verlate plekke pilverdoof, geesgebroke as gesondheid ontbreek planne van roem pooitjie wat is bestaansreg dan? stoflike genade uitgegiet nietemin ‘n iemand of twee wat omgee, koester iewers ‘n hiervandaankomplek ‘n behoortplek ondanks leemtes deur bloed en belofte mag nalatenskap iewers vastrapplek kry iewers tussen die wasems ‘n tuiste […]

in vlak sandsloot langs sukkel skilpad sy weg op gly hy maar vorder darem aanhouer wen en hy weet waarheen hy op pad is sy slakke gang komies maar so doel gerig soos min sy ingeboude kompas stuur na die suide waar daar gras is weg van wit huise se lawaai sy brein kleiner as […]

lang rye tou aan mense oor my duin benerig en verpot in die winter koue knoppe waar daar nie moet wees nie af gesakte jasse soos vark wange almal dink diep aan korruptheid maak kruisies dik waaroor hul stik eenkant staan tent waar reënboog wink anderkant blou see ©Teárlach

VERLORE DOSSIER My hart tuimel deur die rou DNA van jou lyf. Slowdance onbevange op die liefdesritme van jou hartsbewegingslyn…. Doef. Doef. Tot ek deur jou vingers splinter. Val. Alleen in die jassak van hierdie swart-agaat nag agterbly. Steeds soekend na die verlore Dossier van jou asemhaal in my. Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed