Moord op Duiwelslaagte Deur Lynelle Clark
“Kyk hierna Kaptein!” Roep die jong konstabel opgewonde uit terwyl hy in gehardloop kom en hou ‘n opgefrommelde voorwerp uit na hom; vir ‘n oomblik vergeet Shozi van protokol, sy eerste moord saak laat hom skoon lighoofdig van opgewondenheid. Kaptein Swanepoel kyk op van sy notas, ‘n flitsende oomblik geirriteerd met die nuwe toevoeging tot […]
Vrede in jou Storm
die storms woed hier binne menigte vol depressie en stres krane word toegedraai lewenslustig word baie nerens vind hul werk brandstof styg die hoogte in meer en meer loop met voet storms woed in hul binneste vyandskap ontstaan oral word waargeneem werkloses kindertjies krepeer in koue magies huil van die honger terwyl salaris uitgedoppel word […]
Opgewonde
ek skarrel deur dinge soos tien ton denke gryp ek elke oomblik flikker dit soos liggies speel ‘n glimlag in my soos vlinders dawwer in my binneste wriemel opgewonde prikkels stuur die seine my hart klop woes want blydskap vul my van ‘n tasbare onsigbare wesen wat my totaal en al oortrek met vele blyheid […]
Gevonnisde kwas
Dali het vir my gekyk met sy gesluipte meesters-oë vasgevang in surrealisme ‘n donkie wat ‘n esel kou ek wil myself toesluit in ‘n kas vol bloeisels vol kleur met jakaranda voor my deur wat pers uit bloei tyd staan vloeibaar stil Radio liedjies lewe verby sing Got sunshine in my pocket Dali staan kaal […]
‘n Droom of Psigose
In die donker-ruim versuim boos besoedelde droom spook ‘n skyndood spook klandestien in sy lag Slaap ken ek nie méér ”veronderstel jy probeer” sê die gedaante en lag en lag en bly lag ek wonder oor die ding wat so hoepel en spring koggel en paai met sy lag so kras sing hy… ”ek eet […]
Vergelegen
(silwer) Vergelegen se ingevoerde kamfers staan al driehonderd jaar onveranderd. Hulle was maar altyd hier. Die herehuis ook. Van der Stel het haar in die lewe gebring – sorgvuldig, mildelik voorsien deur die VOC – maar later is sy verwaarloos, selfs onteer deur die kitsch van ‘n Ier, gelukkig dat Lady Phillips haar twee eeue […]
Deel 2 Hoe sien jy vrouwees?
Hoekom kompeteer ons teen mekaar of is ons jaloers op ons susters? Het julle al opgemerk hoe mans kommunikeer? Hulle sal mekaar nooi vir ‘n bier en vir ure gesels oor die mees onbenulligste dinge en bande word gevorm. In ander kringe sal een ‘n pyp opsteek en word die pyp van man na man […]
Hoe sien jy jou Vrouwees?
Heel moontlik het julle self al baie oor besondere vroue gelees en geluister in hierdie maand en voel hopelik geinspireerd deur dit wat julle gelees het. Vrouens is dinamies in eie reg en ons hoef vir niemand terug te staan nie. Nie net is ons moeders nie maar is ons ook versierders wat die lewe […]
Skaduwees van gister
Hoeveel keer moet ‘n mens wegkruip? Hoeveel keer jou kop laat sak in skaamte, die skouers optrek in ‘n radelose weet-nie gebaar? Hoeveel keer gaan die skaduwees jou rond jaag en in ‘n hoek vaskeer? Ons verlede gooi skaduwees maak nie saak die oorwinnings of deurbrake wat ons beleef nie. Dit is hierdie skaduwees wat […]