Projek uitslae Augustus 2019 – Wilde wind projek
WENNERS GEDIGTE: GOUD WENNER: No. 15 – Carma Shaw met Oor Kannaland waai ’n winterwind 2 DE: No. 16 – Anzé Bezuidenhout met Vreugde in blou SILWER WENNER: No.14 – Marieta McGrath met Grond 2 DE: No. 19 – Caren Kearley met Maanengel 3 DE: No. 20 – Caren Kearley met Gestroop BRONS WENNER: No. […]
VERLANGE
Ek maak die verweerde bruin koevert met ‘n dowwe pen-adres en datum stadig oop. Die seël se gom is droog en geel, die stempel oud, maar bekend. Ek trek die brief uit aan een van die omkrul-hoekies. Daars ‘n koffievlek op die buitekant. Dan vou ek die papier oop – dit skeur al op die […]
VERGETE
Wanneer mis in Mei oor die baai kom hang bring dit weer seer verlang. Op my onthoupad stap ek deur honderd gisters se soet en bitters. Die tyd bly tuimel sandkorrels deur vingers minute deur ‘n uurglas. ‘n Lewensreis voltooi kosmosse in die veld vandag hier more weg.
SAAMLAG
een sekonde gemeet teen die tik van tyd een enkele noot in jou lewensimfonie een klik van die metronoom van ewigheid een korrel sand deur die uurglas se vloei die seepbel van ons saamlag splyt plotseling toe die skoot klap het jy soos water deur my vingers gegly in een sekonde het die wêreld stil […]
nagtrein
in my dof verligte kopee skommel ek heen en weer op sitplek-groen slaapbank met blou komberse so knus suis eentonig die nagwind klikke-klak oor staalsparre wat telkens verbuigend wys rigting hou oor veld en brug my liggie flits vervlietend oor bosse en stasie-teëls snel voort op woeste rit nagtrein stop nie weer kondukteur reeds sy […]
reëlmaker
bevange in hul eie vrees iewers draal hul rond op aarde net in mond daaglikse stryd in lees suig hul lug uit ‘n waas asof hy wel kan bestaan uit parasitiese ontstaan word hul bewus op laas wekroep vir die eenvoud swerftog van die zombes slaap voort hul is al koud ©Teárlach (reëlmaker: beterweterige soort)
’n Dans vir Gina
(Goud) Ek skryf vir jou ’n dans, Gina midde hierdie donkerste uur. Kom die môrelig hier aan wil ek ’n wals en ’n woord vir jou stuur. Dans, Gina, dans – uitbundige danse soos die fynbos wat groei teen Potberg se kranse. Soos ’n riet in die wind wat verlossing vind in dié wete: Al […]
duik van die kormorant
wit golf rantjies skitter blink ligte see briesie waai daaroor die see wriemel van vis vandag skole harders van alle grootte swiep en swenk deur blou see daaroor hang swerms seevoëls wit meeue en swart kormorante wat duikend hul vissie afmerk swart nek reguit uitgestrek skiet dodelik af pen sy prooi ander dryf op water […]
idaho boertjie
in idaho staan vriend se vrou met wit sneeu velde wat om haar tapyt eerste kleinseun se glimlag laat trane reën in idaho tussen al die sneeu kuier vriend se hart lustig saam met hul al biggel ‘n traan en klou aan sy baard in idaho groei ‘n nuwe geslag uit boer en yankee met […]
wit wolke
oor die blou-blou see ruis daar mistige wolke ingekeep met blanko strepe stadig en majestueus beweeg massas vog oor landskap trek hoog op oor berge gaan blom in blanko koolkoppe oor droë bruin landskap van karoo waar riviere in damme spruit niemand gee om dat wit wolke massas bruin reën ontlaai nie ©Teárlach