In die storm van kritiek
Sosiale media is fantasties. Veral vir iemand wat as opkomende iets ’n produk of jouself wil bemark. Daarteenoor kan sosiale media ook die duiwel wees wat ’n produk of persoonlikheid kelder. As opkomende skrywer lees ek gereeld van gevalle en gevegte oor kopiereg, nabootsing en kritiek. Van hoe ’n mens aangevat en soms aangeval word […]
Die terugstuur
As die plompwolke kreefgange gaan en verby dié godebloedson vlieg ñ kolibrie’ …liefling wens ek jy was hier. Want sodra God ñ winterdrag ring gooi en wysiginge ondergaan in die kaalarmlug roggel my hart met verse terug na ons verlede saam.
Kuns van ‘n danser
dit vat ‘n kunstenaar om ‘n ware danser te wees en om te weet hoe om te dans op die ritme van my gees waar my hartsmure sy liedjies skryf en my siel sy musiek speel raak ek verlore in die misterie en dans ek vir myself dans in ‘n kuns wat vloei uit ‘n […]
Gedoop in vuur
wanneer boeie met ‘n bewende geskal onder murmerering van my stem klang die Rietsee opstandig wal staan en aalmoese om my val as drome die pad na my hart verloor purperwoorde verdor tot swart en bye nesmaak in die karkas van my hart dan sal ek steeds vir jou kaalhand ‘n voetpad deur palmiete stroop […]
meester glasblaser
met geoefende hand draai die groot meester die glashouer en skep hy vir die ongeoefende oog asof uit niks voorwerp wat glinsterend blink soos onmoontlik lyk maar wel bestaan so skep die Meester van alles en almal vir elke deeltjie van bestaan van Sy meesterstuk ©Teárlach
kakofonia-skoop
stemme uit die mis verrys met elke boodskap een meer waardig en afgemete as die volgende wat met uitdruklike gedagtes kom spook van vrae wat in elke hart fermenteer stemme so ongerus bring maar weinig hoop elkeen poog om sy stem te verdik om te pas by hom wat geroepe is bruin pak of nie […]
Geraamde trane
verby die kaplyn van emosies lê gestorwe drifsels in niemandsland waar wensdenkers vry ronddwaal agter fluisters wat bakhand staan hammers wat blind na hande tas om doodshoue te fel daar staan die introvert se gebrokenheid geraam terwyl modderspore nuwe onheilsroetes teer en in die stomme oog brand daar een enkel’ traan © Anzé Bezuidenhout
Projek uitslae Julie 2019
WENNERS: GEDIGTE: BRONS WENNER: Nr. 26 – Seirdna (Andries Fourie) met My huis 2de : Nrs 21 en 1 (21) – Sierdna (Andries Fourie) met Sintuie & (1) Morne Du Preez met Vuur 3de : Nr 11 – Driekie Grobler met Verstilde eggo GEDIGTE: SILWER WENNER: Nr. 7 – Marieta McGrath met Vergelegen 2 de […]
Gedagtegang
Miskien is dit nie waar dat die liefde alles oorwin nie. Soms lyk haat dan so sterk. Tóg – sonder die liefde is daar geen doel en geen nut nie. En haat vernietig net, dis al. Ek kyk die wind in die oë; die wind vat aan my gesig en raas verby my ore. Die […]