Geraamde trane
verby die kaplyn
van emosies
lê gestorwe drifsels
in niemandsland
waar wensdenkers
vry ronddwaal
agter fluisters
wat bakhand staan
hammers wat blind
na hande tas
om doodshoue te fel
daar staan die introvert
se gebrokenheid geraam
terwyl modderspore
nuwe onheilsroetes teer
en in die stomme oog
brand daar een
enkel’ traan
© Anzé Bezuidenhout
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Seirdna
Uitmuntend gedig!