Gefabriseer
Kastreer elke sot en suurstofdief wat soos rotte met kinders teel en op straathoeke wegsmyt Hulpeloos haweloos van welstand beroof! G e f a b r i s e e r uit dwaasheid as ‘n las ©Loretta Szikra Nonet digvorm 20190205
Romanse op die strand
Dis vroeg oggend op die strand, en die vakansiegangers pak hulle sambrele, opvoustoele uit reg vir ‘n lekker sonskyndag. Willem du Toit ‘n lang lenige man kyk verbaas rond, dis die eerste keer dat hy sy voete op seesand sit. Nog nooit was hy in sy vyf en twigtig jarige leeftyd by die see, dis […]
Goeie maniere (en die vroulike geslag)
Ek is alweer in die moeilikheid. Of is dit nog steeds, net dieper? En dis nie eers asof ek probeer het om in die moeilikheid te kom nie. Sien ek loop by die gang af by die kantoor en ek loop verby een van die girls – sy huil histeries. Ek vra haar wat’s fout. […]
Tyd!
Verskeie jong dames dans oor die veld vol blomme en sing goeie môre vir almal wat hulle verby gaan. Die voëls sing saam en dit word die lawaaierigste oggend wat die wolf in ‘n baie lang tyd ondervind het. Sy regter oog spring, die oorpluisies het ophou werk toe die vierde jonge dame haar mond […]
Einde
Einde soos ‘n pianis sit ek voor die skerm my emosies vloei oor die sleutels terwyl ek innerlik kerm dis ‘n verwerking van trane wat ek nie stort nie hoop wat ek nie hardop kan verwoord nie ek skree deur letters op papier ek bloei woord vir woord, dis my manier jy sê die skrywes […]
Haan kraai koning (Brons)
Dis Pase en daar kom die haas Sy wange so bol bol geblaas Sy mandjie oorlopens toe vol Jy sien net hoe hennetjie hol Haar eiertjies gou gou wegsteek versigtig nie ene te breek Want haas is hier op n missie Hy gee nie om wie hy nou kies nie Enige hoenderhen vrou moet help […]
Wakker-woorde
wakker-woorde my oë se kaste is weer-wa-wyd-oop totaal leeg gestroop vir slaap is daar geen hoop gedagtes swerf saam met die suider-kruis wyd en vêr dis my hart se stem wat wat skree vir my kop dat jy nou daar ‘n muis-nes gemaak het en saam loop met my hart se elke klop Tia©️ *pic- […]
een
een sit op my duin een sit doodstil een raak stil duine plasies bakermat van land diep sand en gruis konkreet geboue wit geverfde huise dodder in fynbos stilte en rustigheid siele vreugde bemin lewens vrede herwin mense verstop filters emosies wat skuim vertroebel die water denke raak verstrengel gedagtes van weleer maak vandag duister […]
SÊ NOG DAAR MOES CLOWNS GEWEES HET
SÊ NOG DAAR MOES CLOWNS GEWEES HET …Toe dink ek – na een laatnag se nagmerrie, Liewe Jesus of Meneer was die enigstes wat sou kon gehelp het; maar noudat ek die duiwel s’n was (dit was nie aspris nie, hy het my sommer net gevat sonder dat iemand gekeer het!) wou Hulle my nie […]