Haan kraai koning (Brons)
Dis Pase en daar kom die haas
Sy wange so bol bol geblaas
Sy mandjie oorlopens toe vol
Jy sien net hoe hennetjie hol
Haar eiertjies gou gou wegsteek
versigtig nie ene te breek
Want haas is hier op n missie
Hy gee nie om wie hy nou kies nie
Enige hoenderhen vrou
moet help om sy naam hoog te hou
Maar baas van die plaas
wat vroeg vroeg al raas
help hasie so skop skop gou reg
Haas is toe mank mank daar weg
want haan het gesê
hy moet sy eie bruin eiers gaan lê.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2019 projek