DONKER WÊRELD
DONKER WÊRELD In jou donker wêreld worstel drange en baie geld net soos bloedvloeiing in geweld bitter lewe maak jou ontsteld slegte gewoonte wees net sterk alles is beslis die moeite werd mense sal jou graag wil help staan op en wees ‘n held klaag jou sielslewe angsbewange en bewe mik na hoogtes in jou […]
2019
2019 ‘n Nuwe jaar bot terwyl ‘n enkele saad in die na-nag bars met ontelbare vrae oor rampe en Trumpmure Kopiereg L Lexow 2019
Nuwe begin (brons)
Oujaar sleep die hoop vlieswolkies deur blou leegtes. Feestelik kom vuur betraand die dors grond heelmaak – die geilste jaar nog inlyf.
MY SKIPSKOP-STUKKIES SEUNTJIE
{Waarskuwing: Die skribbel bevat grafiese inhoud; nie vir sensitiewe lesers nie!!! Dis soortvan ‘n uittreksel uit my boek – dis nie vir sensasie of simpatie nie, maar net om te bewys hoe GROOT die God is wat ons dien, dat ek na als steeds innerlik gesond kon word!} MY SKIPSKOP-STUKKIES SEUNTJIE En iewerster in die […]
n Nuwe jaar
Reik na die sterre Droom, beplan jou nuwe jaar Soos ‘n Eikeboom Reik op, staan vas, glo en bid En weet, net God kan beskik
leef nou
Leef in die oomblik Soos ‘n blom wat vandag kelk Toekoms kom later Die verlede is verby Vandag is al wat jy het
Wie is ek?
Wie is ek? Ek begin te soek Na die stemme wat weergalmend roep Daar waar ek my dae uitleef tussen die lyne van my storie boek Ek het verdwaal In die prag van my siel se taal Daar waar ek met die regte waarde my lewe se rykdom kan bepaal Die lewe het gedruk Groot, […]
Tanka – 1
nostalgie hang pers teen gister se horison laventel hoopvol tot neo-wit beloftes wat kantelvlerk na die son ©Erika Viljoen (Silwer)
skoon
vandag is die water skoon die hengelaars probeer nie eers nie my ou vriend van agterbaai gooi sy net maar sleep dit leeg uit die kalm golwe uit gewoonlik is sy net gedek met hotnotsvis bietjie verder van die strand is daar voëls miljoen van hulle wat op die water sit hulle duik en vreet […]
Die Mag Van Die See
Wind se witperd loop op blougroenbranders as hul bakkop vreesloos strand toe storm pletterloop teen natswart rotse skuimend tuimelval en voortrol asemloos oor sand versteen ‘n Oomblik dan weer t’rugval spoelend sleurend rots halsstarrig weierend bly staan Trek terug laat nog ‘n aanvalslinie bruisend brullend pletterloop tot missproei skuimend kolkend hergroepeer en uur na uur […]