‘n Nota op jou kopkussing (12)
Wanneer hartseer aan jou hakskeen hap en jy vergeefs poog om hom af te trap sal ek die skuilplek vir jou vrese wees… Kan jy die liefde in my arms lees? ©Anton Bosch 13/01/2019
My huis kan ook dig
My huis kan ook dig Venaand se gebeure Vind plaas agter geslote deure Daar waar ek lê op ‘n kussing vol vere In die hoek ‘n wasgoedmandjie met ongewaste klere Die vloere sing van dansende mense Die mure hang vol van opregte wense Die vier mure is hartseer se grense Die kombuis spog met ‘n […]
Slow dance met ‘n engel
Slow dance met ‘n engel My engel kom ons maak herinneringe Waar ons mekaar kan kry as die dae aleen raak Smile nog eenkeer, ek smeek jou In jou oë dans onvergeetlike memories Kom ons skink ons plastiek glase vol duursame boks wyn Verewig verlore in nou, onder die jong verouderde sterre Kom ons maak […]
Onthou
Uit die brokkies van onthou, het die populierseisoen in goud gestaan onder die hemel se asaltblou, was die aarde in goud beslaan. Ryp was die vrug van geluk ongeken, vreugdevol, soet en rond, waarvan ons kon geniet vir ‘n ruk, maar uit tyd en pas val dit op die grond. Stom, was die bergwind se […]
Jan Bank
In ‘n koutjie woon Jan Bank en sy vroutjie al tien jaar lank. Hul deel die las van skuld betaal, maar met wasgoed was en huis skoonmaak het Jan geen saak nie. Vroutjie lief moet verstaan, hy nodig ‘n drankie by aankoms, elke aand. Sitvlak op die bank, skoene vlak op die vloer, afstandbeheer in […]
alsiende
wyd soos die Heer se genade so wyd soos die uitspansel vanself veel wyer as wat ons ooit sal weet daarbinne, ver onder op kolletjie woon ek op blou-groen aarde wyd soos die horison vol golwe so wyd soos die atlantiese oseaan veel wyer as net hierdie bloue see hier langs die golwe op ‘n […]
jou bed is leeg
jou bed is leeg jou hart die tenger kelk het jou versaak jou lewe soos n blom verwelk jou lewe het die stryd verloor gewillig vir die dood gee jy toe oor ek het die kersversierings vir jou aangepas ek weet jy sou ook daaroor lag Tia©️ 18/12/18