Suiwer
Vers 1: Jy is eg en opreg In ‘n wêreld vol van leuens Is dit jou waarheid Wat onveranderd bly Vers 2: Daar is ‘n kind in jou Wat my herinner aan Walt Disney Die onskuld in jou Sien mens nie sommer om ons nie Voor-Koor: Die wêreld is steenkoud Steeds bly jy fluweel In […]
Hulde Aan Ons Helde
Vers 1: Jy het jou ma daar sien staan Met ‘n bruin koevert in die hand En ‘n traan op die wang Sy het stilweg geknak En haar oë het verklap sy is bang Toe sy jou tas help pak Vers 2: Daar was ‘n seer In jou pa se oë Soos jy dit nog […]
Werkloos
Ginekoloë vang ses kinders ’n dag Juffrouens neem hulle gou onder hande Sekuriteitswagte pas hulle op in die nag Tandartse red altyd weer hulle tande Moeë ouers vra terapeute vir raad En skep nuwe moed uit ’n kelner se skinkbord Boere spit om en jaag aan en span draad Trokdrywers sorg dat die opbrengs vervoer […]
Dinky Toy Paaie
skruwe knieë, vuil hande stoot sand grond paaie om miernes gatte in sand. blink kar met niemand aan stuur rol sekuur met kind in beheer oor gister se straat. kom reis kaalvoet saam op dicky toy paaie waar lewe ongeskonde bestaan. voor die hoofweg, waar die wêreld jaag, se hek agter ons toeslaan.
donkerblou gedagtes (brons)
donkerblou gedagtes met ʼn edele enkelgedagte dink ek aan jou aan al die dinge wat ons nog wil en wou doen dan trek die heimwee deur my so donkerblou eensklaps bevind ons ons in snaakse seisoen ʼn vae vrees vir virus so onbekend eis sy tol maatreëls van inperking nou nuwe norm die dodetal wat […]
versugtinge (brons)
versugtinge die grootste droom wat ek het vir jou my kind is ‘n nalatenskap van blywende geluk en vreugde ʼn lewe van wonder en waardering vol deugde dat jy spoedig so jou siel se eie liedjie mag vind ek wens dat ek jou kan leer van die spel van die lewe dat jy jou mag […]
ontgrendel
sigbaar is die groen wat uitspruit na die reën hoorbaar byna die groei van nuwe blaartjies mooiste van die natuur die dankbaarheid na reën selfs die bokkies baljaar en spring van vreugde tussen fronte lê koue wanneer ceres se berge wit van sneeu uitstaan golwe hoog op slaan grendel gaan ook oop mense vier fees […]
agter slot (brons)
agter grendel agter glas pronk nou blomme van papirus verander die lewe wat was ons nou ingekerker deur ʼn virus veilig op die vensterbank kyk ons uit oor die warspul vryheid kort voor lank beloftes nou ʼn ronde nul wag net – met tyd kom raad niemand weet hoé nou sal die streng reëls ons […]
‘n Geharde boom
Ek wens dat ek soos ‘n boom kan stilstaan in stil getuie en sweef tussen planete Met wortels so diep dat geen orkaan my kan omwaai wat in die skemer herinneringe kon oproep en sag oor my droë blare kon streel Waar die wind amper onhoorbaar daardeur raas splinters maanlig val deur die takkies en […]
Mei 2020 projek – “Ek wens dat ek …”
Beste INKers Ons betree alreeds die 5de maand van 2020 en vertrou dat julle en jul families gesond en veilig is tydens die grendeltydperk. Die tema hierdie maand is “Ek wens dat ek…” DIGTERS: *Skryf ‘n sonnet (Engels- of andersins). *Jy mag nie die tema as titel gebruik nie, maar die inhoud moet die sinsnede […]