Vindicta (Silwer)
sy was sy naweek rabbedoe hy word haar dekadeketting sy móét vry verniet kan koop met geld wat hom met smeek oor millenias verbind A Fourie (Seirdna) 2020.12.01
Troudag (Silwer)
ek hou vir jou ‘n boesemblom diep hier in jou wegloopkis vol verskans teen windverlange hoopvol in haar soekerus soos rooiwyn in ‘n vaatjie lê wag blomkind hier vir jou al mooier elke wegblyjaar vir die dag wat jy kom trou A Fourie (Seirdna) 2020.12.10
Geroeste drome
Met ‘n geroeste sekel kap ek my pad na my drome oop stukke van geluk waar ek met vlindervlerke broos kan vlieg Waar ek waterdruppels op blomme kan drink die sonligstrale glinsterend sien deur dennenaalde blink waar ek sag op die blaar van ‘n palm kan rus Al lyk die lewe vol gevaar, en ellende […]
Vel
organe, spiere senuwese bloed, maagsap en al die ander lê staan, sit in vel vasgevang. vel met skeete, vlekke sere, verrimpel, verskroei in vele kleure. vel strepe, repe rimpels stadig geskilder is ons paaie van uitgegrawe waarde. vel klinies gerek tot plastiek om so ń lewe te verdof in ongelooflike logika.
Cheers op 2021 (Silwer)
Hier teen die einde van verlede jaar het my kersie maar flou gebrand en moes ek behoorlik koes en keer om nie deur die Corona-tsoenami meegesleur te word nie. Die stormwinde, wat onophoudelik verwoesting saai in vele gemoedere, het so ampertjies die laaste flikkering van my hoopliggie ook geblus. En ek is beslis nie die […]
Bamboes Wind
wind wurm deur podlood dun stamme krap lank verbleikte verhale uit die wind. die skerm teen gister se onthou vandag se alleen skree hoop in die wind. kaal gemete stemme blaas alles net so terug in my oorvol gemoed.
Kamera
swart en wit skadus strak verskrikte gesigte onder olie plat hare staar wit kring oë na ń donker doek. eens die wonder van eie beeld verdof nou verstote teen skemer winkel mure as te koop. lig in fyn draad flits net een keer sluk beelde deur sluitelgat bliksem skelm opgerol in kleine trommel blik. kleure […]
DRAAIROOMYS
(BRONS) “Was dit nou so erg?” Amelia antwoord haar man nie. Sy gee hom eerder ’n kyk wat veronderstel is om ’n gat in sy kop te brand. “Ek dink dit het verbasend goed afgeloop,” sê Ben toe hulle die dorp uitry. Amelia vervies haar vir haar man se selfvoldaanheid en kyk anderpad. Die skemer […]