
Geroeste drome
Met ‘n geroeste sekel
kap ek my pad na my drome oop
stukke van geluk
waar ek met vlindervlerke broos kan vlieg
Waar ek waterdruppels op blomme kan drink
die sonligstrale glinsterend sien
deur dennenaalde blink
waar ek sag op die blaar van ‘n palm kan rus
Al lyk die lewe vol gevaar, en ellende
is daar nog steeds ‘n silwer glans
wat die lug met ‘n soet geur
die bitter opfleur
Verruklik is die skone kleure
die waterstrome en lowergroen bome
al voel jou drome soms verlore
kan jy nog steeds mooi stories
in jou siel bêre
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2021 – Verwagting/e-projek