Jongste aktiwiteit:

September(Bladsy 7)

jý wat in ongemete wydheid binne my oë se grense talm jý wat in asembenemendheid binne my leksikale perke galm jý wat my in nederigheid binne grootse skepping omarm… jý natuurbeeld in oneindigheid van verskeidenheid verf die veld die lug die reekse van my wese in hemelse kleure wek die sinestese van kuns wat my […]

die smaraggroen gras van Alpe se veld het jou lentevoete sag uitgevee en jy’t ge-genie uit laatsneeu se smelt mý mooi veldblom wat my hart laat uitskree die yslelieverhoog was jou dansvloer jou soet stem het teen kranswande weerklink ek’t soos voyeur gevries in my afloer my glas met jóú elikser vol geskink mý vry […]

– wie weet wie weet waarheen wie weet waarheen die weg wie weet waarheen die weg lei die weë van die lewe is so onvoorspelbaar waar jy vandag gebore word, en môre eindig is meestal onbekend en soms onbemind wie wil die toekoms kan voorspel weet wat jy oormôre gaan wees hoe droog en onvrugbaar […]

Hooglied – Lied der liedere lied der liedere ʼn Hoogliedsgesang pryse aan ware liefde in blom se kroonblaar-bloswang geure van intense vreugde soos lelies van die Goddelike veld lokkende liefdesaromas van Maria as mistieke roos vermeld gespreide bloemvlerke van die Bybel se trooskuur kalmerende geure op aandlug soos engelboodskappe gestuur al is roosbome afwesig in […]

die reënboognasie se eie vrugteslaaitaal (ja, selfs Madiba het haar poësie aangehaal!) ʼn kombuistaal uit geurige speserye gestamper en vysel (Afrika(ans) is dus beslis nie puristies koloniaal!) jy hóór die kruisbestuiwing uit elke wêreldhoek ʼn unieke allegaartjie wat nie onkundige oordeel soek waarom die kind hier gebore voortdurend vervloek en jou protesplakkate (nogal in Engels) […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed