Landskap
jý
wat in ongemete wydheid
binne my oë se grense talm
jý
wat in asembenemendheid
binne my leksikale perke galm
jý
wat my in nederigheid
binne grootse skepping omarm…
jý
natuurbeeld
in oneindigheid van verskeidenheid
verf
die veld
die lug
die reekse
van my wese
in hemelse kleure
wek die sinestese van kuns
wat my na oorweldigende inspirasie dryf
om op bruidse doek
bedwelmd te skilder
en op maagdelike papier
in verwondering
te skryf
Etna Wepener ©️
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.