DIS TE LAAT
Op ‘n doodgewone dag toe die ou bloekomboom vir die laaste keer fluister net voor die wind haar kom vat het ek saam in wenteltrappe na bo gestorm om beter te kon sien ‘n onstuimige son het haar om my gekronkel maar ek het harder probeer om bo te kom ek wou afkyk om deur […]
Druppelgolwe
die reën ween plas konsentriese kringe druppels piering in ʼn poel ʼn snyding van versamelingsirkels kaats verwronge gedeelde elemente blink in tydelike skyfies oorgespoel na oogwink se perfekte rondheid stort die bui neer en neer en versteur wulpse golfkurwes wat kineties uitbrei net om weer en weer die suiwer storie in spatsels se golfverspreidings te […]
Donker
daar is geen maan nie geen lewensklankbaan behalwe die dreunsang van ʼn see en ‘n wolftjank van klam traanwind wat snik oor ʼn swart strookstrand waar golwe my vooruitgangvoetholtes met fosforskuimtonge ont-spoor selfs die melkweg het in melk verdrink en sterglinster het in besoedeling vervaag die daglig het al lank reeds leeggebloei en die […]
si mendacium est veritas
– feite word geite wanneer leuen plek verruil met die ware waarheids woorde binne in hierdie wêreld van geweld waar nasies ander nasies gebruik om hul nuutste wapens te toets is daar geen vrede meer oor slegs hond eet hond – norme word verweerde flos alles wat nasietrots gebind het verwas in malle wêreldse gekots […]
Moederliefde
my kind kruip in onder die vlerke van my liefde skuil veilig in die omhelsing van my hart wees knus teen my sagte vere van omgee want ek is jou moeder en jý mý kuiken wat altyd in die vlerkspan van my wese onvoorwaardelik beskerming sal vind Etna Wepener ©️
Die kim van my môres
die horisonkim waas onbereikbaar altyd aan’t skuif op ‘n ander plek ʼn lyn in lugspieëling se bedrieg waar aarde se kurwe oneindig strek soos die môres van my wêreld en see wat geen waarborge vir my kan gee Etna Wepener ©️
Heil-dronk op uurglas se tyd
sabel-sabrage bruis Bacchus-borrels my wyn Dom Pérignon-vonkel glorie in kristal se glans heildronk klink glas met gas ek vier die volheid van nóú in drink en skink goud skitter “plonk” ? dronk nugter geen behoud as ek verdrink en toekomsleegheid kolk in vogvriend wat was die kelkie lieg omdraaikans maar sober werklikheid strompel en vlieg […]
Nag se merries
my slaap is wakker verwildering dol drome dwelm soos dronkeling nes rekenaargegenereerde beelde pronk ʼn sentourwese uit mitologie in steekse basterrealiteit van drome steeds onverklaarbaar in oneirologie mý hibriede verwronge chimera halfmens halfperd gevleuel skep sidderspelsinestesie tussen sintuiglike werklikheid en onuitgelegde fantasie sonder stang of toom of teuel v l i e g die malheid […]
Immeroorvloedige seën
Kyk, die Vader verander verskroeide grond in poele van riet en dorslande in waterforteine juigende skepping vry en my trane keer t’rug na sy geboorteland waar ek buigend bid op ‘n bergpiek ©Z.K